Sarie

Ek was ’n tipiese overachiev­er. Nou is ek net gelukkig. Ek hoef myself nie te bewys nie

Carina

-

moet ék spesiaal behandel word?” nie. “Ek moes leer om beheer oor my emosies te kry. Want as jy dit nié doen nie, is jy flippen gou op ’n baie slegte emosionele plek.”

Sy het nou afsluiting oor haar onvrugbaar­heid. Sy wil nie ’n kind aanneem nie. “Ek het altyd gedroom van ’n langtafelK­ersfees met baie kinders om die tafel. Miskien omdat ek dit nooit geken het nie. Ek het twintig jaar laas kontak met my pa gehad. Ons het ’n disastrous verhouding. Dit maak my hartseer dat ek nie uit ’n hegte gesin kom nie, maar ek besef familie is nie ’n streng definieerb­are term nie. Dit hoef nie bloed te wees nie. Bertus het ’n ongeloofli­ke verhouding met sy kinders, Renée (15) en Hendrik (23). Hulle praat, doen dinge saam. Ek het ’n kitsgesin ryker geword, hoewel ek nie ’n ma nie maar eerder ’n vriendin vir sy kinders is.”

En dan is daar altyd sjampanje . . . “Want hulle noem my Borrelfler­rie en ek het maar ’n rubberarm. Soms, as ek sjampanje in ’n restaurant bestel, vra die mense hoekom? Dan sê ek: Want die lewe moet gevier word. Dit is hoekom ek my omring met mense soos Bertus, wat my aanvaar soos ek is. Mense sê altyd die lewe is so kort, maar dit kan baie lank wees as jy nie gelukkig is nie. Ek het lankal daarmee vrede gemaak dat ek myself eerder blind lees in my kooi as om te draf. Ek is nie ’n driekampat­leet nie, ek háát oefening . . . Ek hou daarvan om op dié organiese wynplaas te kyk na die mooi omgewing of na die beeste wat die mis in die grond intrap. Ek voel bevoorreg dat ek aanmekaar nuwe dinge kan aanleer. Danksy Bertus gaan daar ’n nuwe lewe van wyn oop. Ek besef hóé kreatief en tegnies wynmaak is. Ek lees deesdae wynboeke en bedags perkoleer al die kreatiewe gedagtes in my kop sodat ek saans my boek kan skryf.”

Voorheen kon sy net gelukkig wees as sy iets bereik het. “Ek was ’n tipiese overachiev­er. Nou is ek net gelukkig. Ek hoef myself nie te bewys nie. Dit het baie te make met wie jy jouself omring. Bertus is positief en sien die beste in mense raak.

“Ek besef nou jy kán verlies op ’n manier omdraai sodat dit ook gevier kan word. Uiteindeli­k moet jy jou eie vangnet weef en dit strek wyer as die liefde vir iemand anders.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa