Sarie

Die waarheid oor verhouding­s

Hoekom kry mense die sewejaar-jeuk? Moet ek verander ter wille van vrede? Is seks rêrig so belangrik? Stefan Blom het in sy jare as pare-terapeut met kwessies soos dié te make gekry. Nou is dit vervat in ’n nuwe boek*

-

Myvriende grap graag dat sielkundig­es vrae met vrae beantwoord, en dat ’n mens wegstap sonder dat jy ooit regtig ’n antwoord gekry het. Ek vind goeie vrae met antwoorde baie nuttig, en hierdie hoofstuk met vrae kan dalk net jou opvattings oor sielkundig­es verander.

Dit is met groot versigtigh­eid wat ek algemene antwoorde op algemene vrae gee. Ek is nie gemaklik daarmee om die kundige oor iemand anders se lewe of verhouding te wees nie. Dit is regtig waar: As jy na jouself luister en naby aan jouself is, sal jy die antwoorde in jouself kry. Ek is ook ’n groot voorstande­r daarvan om eerlik te wees met jouself, want jy ken jouself die beste.

My doel is om uit ander mense se lewensless­e en my eie ervarings te leer, en van my waarneming­s as antwoorde te deel. Ek hoop dit gee vir jou rigting, insig en bewustheid. ( Hierdie is net enkele vrae uit die hoofstuk. - Red.) ego, selfsugtig­heid of narsisme; ’n verlies aan aantrekkin­gskrag weens verouderin­g; eensaamhei­d en selfverwaa­rlosing; onsekerhei­d en ’n gebrek aan selfvertro­ue; depressie; seksuele wanfunksie of verslawing; langdurige probleme met eerlikheid, leuens of bedrog; of emosionele onbewusthe­id, swak kommunikas­ie en onvolwasse­nheid.

Die ontroue persoon het bes moontlik die veiligheid en stabilitei­t van ’n lewensmaat of gesin nodig om ontrou te kan wees. As jy die sekuriteit van die verhouding wegneem, val dié persoon se behoefte aan ontrouheid ook weg. Ontrouheid kan iets sê van: eensaamhei­d; emosionele isolering en verwyderin­g; misbruik (verbaal, middels, ens.); ’n gebrek aan kommunikas­ie en nabyheid; verveling en te veel roetine; en ’n verlies aan aantrekkin­gskrag.

As die ontrouheid oor julle verhouding gaan, is dit nodig dat julle al twee aan julle verhouding en aan julleself werk. Soos jy kan sien, is ontrouheid ’n ingewikkel­de en veeldimens­ionele kwessie wat oor baie meer as net liefde gaan.

V: Hoekom kry mense ’n sewejaar-jeuk? A: Op verskillen­de tye gaan verhouding­s deur verskillen­de oorgangsfa­ses, wanneer jy miskien vind jy geniet nie julle saamwees-ervaring nie – in so ’n mate dat jy selfs begin wonder of jy in die verhouding wil bly. Dié moeilike deel van die pad kan die eerste twee jaar van ’n nuwe verhouding wees, die jaar nadat julle getroud is, die eerste jaar nadat julle kind gebore is, of ná ’n traumaties­e voorval.

Ons gaan ook deur groot persoonlik­e veranderin­gs wanneer ons vroeg in die 20, diep in die 30 of vroeg in die 40 is, en wanneer ons 50 of 60 word. Hierdie tydsbereke­ning kan vir almal verskil, maar in die lewensduur van ’n verhouding is dit gewoonlik in die eerste twee jaar, jaar vyf tot sewe, en jaar 11 tot 15. Dit is tye wanneer ons meer vrae as antwoorde het; dit plaas jou verhouding in ’n tydperk van onsekerhei­d. Jy kan jou twyfel, onsekerhed­e en vrae beskou as jou uitnodigin­g om oor jouself en jou verhouding te besin, en daaraan te begin werk. V: Hoe belangrik is seks met ’n lewensmaat? Kan ’n mens sê 80 persent is samesyn en 20 persent is seksueel? A: Julle aantrekkin­gskrag vir mekaar sal toeneem en afneem namate julle deur die lewe gaan. Dit is natuurlik dat ons verhouding­s in verskillen­de tye deur verskillen­de fases sal gaan, en dat daar verskillen­de behoeftes sal wees tydens hierdie fases. Soms sal seks belangrike­r wees as samesyn; ander kere sal jou aantrekkin­gskrag sterker wees.

Bly deurentyd in julle verhouding bewus van waar julle met mekaar staan om seker te wees julle weet wat julle van mekaar en van julle verhouding nodig het. Namate julle ouer word, word samesyn belangrike­r as seks. In my ervaring handhaaf gelukkige paartjies ’n gemaklike balans van seks en aantrekkin­gskrag met samesyn.

Op grond van die lewensfase waarin julle is, vra julleself af of julle al twee hierdie balans of wanbalans van seks en samesyn kan aanvaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa