Mi­chél­le sê ...

Sarie - - Redakteursbrief -

Sê my, was dit jóú jaar?

Is ’n droom be­waar­heid, jou wen­se ver­vul, het die jaar jou dalk ver­ras? Of was daar teleurstellings en swaar­kry?

Kort voor Kers­fees vra al­tyd ’n bie­tjie na­be­trag­ting, want ons skop el­ke nu­we jaar af met so­veel hoop en ver­wag­ting. Ek kan jul­le ver­tel dat nie een van ons SA­RIE Voor­blad­ge­sig­wen­ners, Yo­la­ni A­bra­hams van Ce­res en Na­dia de Wet van S­tan­der­ton, ooit ge­dink het hul­le sal hul ge­sig op die Ok­to­ber-voor­blad van die tyd­skrif sien nie. Vir Na­dia was dit “’n klein won­der­werk”; vir Yo­la­ni ’n wens be­waar­heid. En vir se­ker was dit die jaar van Ro­le­ne S­trauss nou op ons voor­blad. Bin­ne­kort kry sy haar me­die­se graad, maar meer nog, sy’t ’n seun­tjie ry­ker ge­word. Dalk was 2017 vir haar selfs glans­ry­ker as haar wen­jaar as Mej. Wê­reld. Dit was ook die jaar waar­in Na­ta­ni­ël gróót ge­gaan het om sy 30 jaar as so­lo­kuns­te­naar te vier.

Maar vir baie was dit ’n jaar van moei­lik-om-te-glo din­ge – iets waar­aan ek meer as een brief af­ge­staan het. Die wê­reld en ons hier het te doen ge­kry met die ver­woes­ten­de krag van die na­tuur – weg­hol­bran­de, or­ka­ne, vloe­de, droog­te – en die hart­seer wat dit bring. Die om­vang van kor­rup­sie en die tra­ge­die van mis­daad in ons land en die im­pak op ons na­sie en toe­koms het werk­lik ge­tref en laat ons met ’n ge­voel van wan­hoop.

En toe, vlak voor Kers­fees, ge­beur iets. Iets doer in Hol­ly­wood wat wyd en ver uit­kring. Dis die skan­daal om die ge­we­se rol­prent-groot­baas Har­vey Wein­stein en man­ne soos hy. Oor iets wat él­ke vrou wéét, al is ons dalk ge­luk­kig om nie soos der­dui­sen­de an­der ’n slag­of­fer te wees nie. Twee woor­de: sek­su­e­le teis­te­ring. Niks te ma­ke met klas, kleur of ou­der­dom nie, maar met boe­lies en mis­plaas­te mag. ’n Aak­li­ge skand­vlek op ons sa­me­le­wing, al vir de­ka­des.

Nóú praat vroue uit soos nog nooit te­vo­re nie. Nie net Hol­ly­wood-ak­tri­ses nie, maar vroue van el­ke uit­hoek van die wê­reld, ook van Suid-a­fri­ka. Hul­le praat oor sek­su­e­le teis­te­ring in ons per­soon­li­ke en pro­fes­si­o­ne­le le­we. Oor die ver­ne­de­ring, die vrees, die ver­war­ring. Uit­ein­de­lik kry dit die aan­dag wat dit ver­dien. Bin­ne dae na­dat hul­le met die huts­merk #Me­too aan­ge­moe­dig is om hul ver­ha­le te ver­tel, het mil­joe­ne hul sto­ries ge­deel. Baie het di­rek met hul teis­te­raars ge­praat. En daar sal meer wees, en meer . . .

’n Wa­ter­skei­ding­tyd vir hier­die gru­we­lik­heid? Tyd sal leer, maar vir se­ker is so­si­a­le me­dia nou die ver­skil. Want dis ’n waar­de­vol­le #net­werk wat vroue en hul sto­ries die wê­reld oor ver­bind. ’n Plek waar hul­le kan saam­kom en sê ge­noeg is ge­noeg. Die “oop ge­heim” van sek­su­e­le teis­te­ring is werk­lik geen ge­heim meer nie. Nie­mand – vroue én mans – kan meer sê, ek het nie ge­weet nie . . .

So, hoe was jou jaar? Dalk was dit goed en vol #vuur­werk; dalk was dit ’n jaar wat nie on­der jou bes­tes tel nie, maar jou tog ge­leer het om dít wat jy het op­nuut te koes­ter en te veg vir dít waar­in jy glo. En dís die groot­ste ge­skenk van als.

Hier­mee sê ek en die he­le SA­RIE-SPAN: Ge­se­ën­de Kers­fees! Jý het dié jaar vir ons vol en waar­de­vol ge­maak.

Tot ons weer ge­sels wan­neer ons Ja­nu­a­rie-uit­ga­we van­af 18 De­sem­ber op die rak is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.