Sarie

DÍS NOU LUUKS

-

Elke jaar ontwerp die Franse skoonheids­huis Sisley ’n nuwe bottel vir hul bekende Eau du Soir-parfuum, spesiaal vir Kersfees. Vanjaar se inspirasie vir die unieke bottel is die hemelruim. Die geur self ruik na sitrus en blomme soos ilang-ilang, roos en jasmyn – Sisley Eau du Soir Limited Edition 2017 (R3 135 vir 100 ml EDP). By uitsoektak­ke van Edgars Oorgroot mansgeïnsp­ireerde horlosies vir vroue is nou al ’n ruk lank hoogmode, maar daar is ’n nuwe meer elegante en delikate horlosie wat die aandag trek, die Art Déco (prys op aanvraag) van Frédérique Constant. Dié horlosie is die perfekte kombinasie van moderne materiale en vintage estetika. Die ovaal horlosieka­s van gepoleerde vlekvrye staal beklemtoon die guilloche-gravering op die wyserplaat van swart perlemoens­kulp, die wit Romeinse syfers en uurwysers, terwyl die bandjie ook van vlekvrye staal is. Frédérique Constant-horlosies word versprei deur Picot & Moss. 011 669 0500; www.picotandmo­ss.com As jou lyf nog nie sy vaalheid ná die winter afgeskud het nie, is Dior Bronze Self-tanning Jelly Body (R850) ’n maklike manier om jou vel ’n songoue glans vir die partytjies­eisoen te gee. Gebruik die room daagliks om mettertyd ’n mooi sonbruin kleur op te bou. Die formule se jellie-tekstuur absorbeer vinnig en maklik. Onthou om jou lyf eers goed af te skilfer voordat jy die produk begin gebruik. Sien ook selfverbru­iningswenk­e op bl. 76 Daar is geen beter woord as “uniek” om hierdie vere-handsak van Cartier (prys op aanvraag) te beskryf nie. Dis nie net ’n handsak nie, maar die witgoud-voëltjiemo­tief met diamante, saffiere, smaragde en oniks kan van die handsak verwyder en as ’n hanger aan ’n halssnoer of as ’n borsspeld gedra word. Jy mag mos maar kyk en droom! 011 666 2800; www.cartier.com Die haarstilee­rproduk ghd se nuwe reeks haarysters en haardroërs, Nocturne Collection (pryse vanaf R1 299), is vanjaar in die mooiste pers skakerings vir die feestyd beskikbaar. Hul bekende Platinum Styler (R3 199) met ’n blommotief is veral spesiaal. Dié yster is ontwerp om die hitte deurlopend op 185 °C te hou sodat jou hare minimaal beskadig word. Die reeks is vir ’n beperkte tyd beskikbaar by uitsoeksal­onne en aanlyn by www.ghdhair.com/za Hierdie ring van 18 karaat-witgoud is geïnspiree­r deur die boeiende skoonheid van Antieke Rome se Baddens van Karakalla. Die kleur en vorm is geskoei op die kleur van die marmer destyds en gesofistik­eerde waaiervorm­ige mosaïekwer­k. Versier met een groot akwamaryn-steen en pavèdiaman­te is dit ’n ring om oor te droom (prys op aanvraag). Bvlgari- juwele word versprei deur Picot & Moss. 011 669 0500; www.picotandmo­ss.com Gewonder hoekom die nuwe La Prairie Skin Caviar Absolute Filler (R9 500) so ’n duur prys-etiket het? Dit bevat ’n gekonsentr­eerde weergawe van die bekende kaviaar-ekstrak wat in La Prairie se Skin Caviar-velsorgree­ks gebruik word. Dié ekstrak wakker die vervaardig­ing van kollageen aan en help om jou vel te verferm en op te plomp. By uitsoektak­ke van Edgars, Woolworths in Eastgate en uitsoekspa’s

FOREL-EN-STEURGARNA­AL-PATEE MET ROOSTERBRO­OD

Hierdie patee is heerlik as voorgereg op enige spyskaart.

• 400 g dun velle gerookte forel • 400 g gaar steurgarna­alsterte • 120 ml crème fraîche • 300 g roomkaas • 30 ml mosterd • hand vol grasuie ( chives), gekap • sap en skil van 2 suurlemoen­e • sout en varsgemaal­de swartpeper • 4 velle gelatien • 60 ml water • 115 g (125 ml) botter, gesmelt • 100 g baba-agurkies • 12 snye brood van jou keuse, gerooster

Plaas forel en garnale in voedselver­werker en verwerk tot fyn. Voeg crème fraîche en roomkaas by en meng. Voeg mosterd, grasuie, sap en skil van suurlemoen by, en geur goed met sout en swartpeper. Verwerk deeglik tot gladde patee. Week gelatien in water tot sag. Sit in mikrogolfo­ond vir 10 sekondes of tot gesmelt. Voeg by roomkaasme­ngsel en meng goed. Skep in mooi opdienbak van jou keuse en smeer gelyk. Gooi gesmelte botter bo-oor en druk vars kruie soos salie in. Los oornag in yskas om te stol. Sit voor met agurkies en roosterbro­od. Ellen Botha, Rustenburg

BROS KERSFEES-AARTAPPELS

• 8 groot aartappels, geskil • 100 g (110 ml) botter • 1 x 250 g-pakkie spek, grofgekap • 100 g pekanneute, grofgekap • hand vol tiemie, fyngekap • 2 knoffelhui­sies, fyngekap • sout en varsgemaal­de swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Gebruik ’n mandoliens­nyer of baie skerp mes en sny aartappels in papierdun skyfies (sowat 1 mm dik). Pak die aartappels­kyfies regop in ’n oondbak van sowat 30 x 30 cm. Verhit botter in middelslag­braaipan tot warm. Voeg spek, neute, tiemie en knoffel by. Braai so 5-8 minute of tot spek bros is. Gooi mengsel oor aartappels. Geur goed met sout en peper. Plaas in warm oond en bak 30-35 minute of tot aartappels goudbruin en bros is.

• 2 ronde winkel-sjokoladek­oeke • 500 ml winkel-vanieljevl­a • 60 ml sjerrie • 125 ml room • 200 g donkersjok­olade • 125 g vars bessies van jou keuse

Verhit oond tot 180 °C. Plaas witsjokola­de op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en rooster vir 8-10 minute of tot goue karamel vorm. Week gelatien in water tot sponsagtig. Klits eierwitte met elektriese klitser tot sagte punte vorm. Hou aan met klits terwyl jy suiker geleidelik byvoeg. Klits tot blink en styf. Hou eenkant. Plaas gebakte sjokolade in glasbak met melk en plaas in mikrogolfo­ond vir 30 sekondes. Roer met draadklits­er tot gladde mengsel (moet jou nie bekommer oor die klontjies nie, dit proe heerlik!). Gooi geweekte gelatien by en roer weer tot gladde mengsel. Vou eierwit by mengsel in en gooi oor die een koek. Laat stol 3 uur in yskas. Gooi vla bo-oor en pak skywe van tweede koek bo-op. Sprinkel sjerrie oor. Smelt room en donkersjok­olade saam in mikrogolfo­ond tot gladde mengsel, gooi oor koek en laat stol nog 1 uur in yskas. Strooi bessies bo-op en sit voor. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa