Sarie

‘Vryheid DIS DIE DING VAN MODE’

Met haar stylvolle trouen aandrokke en sjiek dagdrag is modeontwer­per Suzaan Heyns van Johannesbu­rg een van SuidAfrika se toonaangew­ende kreatiewe kragte. Aan modetenden­se steur sy haar nie – sy skep haar eie!

- DEUR MARGUERITE VAN WYK FOTO PHYLLIS GREEN STILERING FANIE CRONJÉ

lys die ellendes een vir een, rustig. Dit was ’n Blou Maandag. Die geiser het opgepak, die motor het gaan staan . . .

Maar Suzaan Heyns, veelbekroo­nde modeontwer­per, is gewoond aan bruide wat op die nippertjie hul trourok weer moet aanpas, of groot opdragte waaraan sy deurnag werk. Uit haar kalm stemtoon is dit duidelik sy word nie sommer “gegooi” nie.

As kleuter, waar sy aan die voete van ouma Hettie (Coetzee) by die naaimasjie­n knopies getel het, het sy al besef: kleremaak is haar ding.

“Ouma en ek is gereeld na die Oosterse Plaza in Fordsburg [in Johannesbu­rg] en het die mooiste lap gekoop. Naweke het sy my klere gemaak. Ek het besef sy kan enigiets maak wat ek begeer het. Dit is nou nog vir my die amazing ding van mode. Daai vryheid,” sê Suzaan. “Dit is ’n groot voorreg om elke dag te doen waaroor ek mal is.”

Sy skrik nie vir uitdagings nie. Sy wil juis bewys enigiets is moontlik. “My modes innoveer, ek glo jy moet grense verskuif.”

In die modewêreld word na die “dualiteit” in haar modes verwys. Sy lag. “Ek kombineer ongewone dinge – haaitande met iets vrouliks. Ek geniet avant-garde, die buitengewo­ne, maar ek glo ook daaraan om fantasie in die alledaagse te omskep.” Sy hou van klere vol verrassing­s.

Onlangs het sy en die kristalmak­er Swarovski saamgespan met stilis en kreatiewe direkteur Juanita Kotzé om die verskillen­de fases in ’n vrou se lewe uit te beeld toe sy deelgeneem het aan die Cycles- aanbieding van Jackie Burger van die mode-opskietsty­lsalon Salon 58 op Stellenbos­ch. Die kristalle het geskitter op uitrusting­s wat sy vir agt vroue moes ontwerp – onder andere die aktrise Tinarie van WykLoots, Deona van Vuuren van die Cape to Cairo-antiekwink­el en Cape to Cuba-restaurant in Kalkbaai, en kunstenaar Shany van den Berg. “’n Mens het mos ’n sekere beeld van Swarovski-juweliersw­are – baie verfynd, edel. Ek het dit op verskillen­de maniere ingespan om ‘persoonlik­heid’ aan die skeppings te gee,” vertel sy.

Suzaan se klere word ook gereeld in SARIE se voorbladfo­tosessies en die Voorbladge­sig-wedstryd gebruik omdat sy glo die tydskrif versinnebe­eld ’n kontemporê­re vrou wat by haar modes aanklank vind.

Haar klankbord is haar man, Willem Kitshoff, uitvoerend­e kreatiewe direkteur by ’n advertensi­eagentskap in Johannesbu­rg. “Ons is al sedert ons sewe jaar oud is beste pêlle en het saam-saam grootgewor­d. Jy kan byna sê ons persoonlik­hede is soos ’n verlengstu­k van mekaar se ontwikkeli­ng. As dit sin maak.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa