Sarie

Dís seksuele teistering en dít nie

Seksuele teistering is wêreldwyd in die kollig en die #Metoo- beweging dui op die reuse-omvang van die probleem. Maar waar lê die grens tussen seksuele teistering, flirt en korswel? Dis duideliker as wat jy dink

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Nog ’n seder val.

Charlie Rose se gesaghebbe­nde Tv-onderhoudr­eeks met sy naam is deur PBS (Amerikaans­e openbare uitsaaier) en Bloomberg TV gestaak. Dis nou ná beweringe dat hy verskeie vroue deur die jare seksueel geteister het.

Dit het ons soos ’n tsoenami getref. Harvey Weinstein, Hollywood- grootmenee­r, was eerste. Van die glinsterst­ad se bekendste vroue het vinger gewys: Ashley Judd, Gwyneth Paltrow, Angelina Jolie . . .

Toe bars die bom oor die kop van House of Cards se Kevin Spacey. Hy het glo mans seksueel aangerand en geteister. Nou is hy sy rol as die onderduims­e politikus in dié gewilde Netflix-drama kwyt.

Die dam se sluise is oop, met die #Metoo-beweging as simbool van mense met ’n soortgelyk­e ervaring. Dis groot name wat genoem word: Onder andere Sepp Blatter, voormalige Fifa-president, Michael Fallon, Britse minister van verdedigin­g, en Dustin Hoffman, Rain Man, ja.

Ook plaaslik het #Metoo soos ’n veldbrand versprei. Dit wys dat daar nie net ’n paar vrot appels is nie, maar dat seksuele teistering vir baie vroue

alledaags is, skryf prof. Amanda Gouws van die departemen­t politieke wetenskap aan die Universite­it Stellenbos­ch op Netwerk24. En ja, tot 70% van SA vroue kan slagoffers van seksuele teistering wees, volgens navorsing in die SA Tydskrif vir Bedryfsiel­kunde.

Sangeres Jennifer Ferguson hang sokkerbaas Danny Jordaan se beweerde verkragtin­g aan die groot klok. Aktrises soos Crystal-donna Roberts ( Krotoa) sê: “Dit het al op stel met my gebeur!”

Natuurlik is die openbare gesprek rondom seksuele teistering ’n belangrike stap om dié donker sosiale probleem by die horings te pak. Maar wat presies is seksuele teistering?

Die wet omskryf dit as onwelkome gedrag/aandag van ’n seksuele aard, sê Samantha Lewis, prokureur by die Kaapse firma Miller du Toit Cloete. Dis dus nie welkom en wederkerig nie. Kortom: As die ander een nie dieselfde voel nie, kan dit dalk op seksuele teistering neerkom.

#Metoo wys die spektrum van seksuele teistering, volgens prof. Gouws. Dit sluit die nie-verbale vorm daarvan in, soos mans wat vroue met die oë “uittrek”, prente van skamel geklede vroue aan mure, verbale gedrag (iemand wat fluit of grappe maak met seksuele innuendo), om aan iemand te vat,

Die hof het dit as die wreedste vorm van wangedrag in die werkplek beskryf Charlie Higgs, arbeidspro­kureur

< seksuele aanranding en verkragtin­g. “As dit die spektrum is, het talle vroue al iets hiervan beleef,” skryf sy. (Sien ook kassie op bl. 53.)

Bygesê, vir die wet (spesifiek die Wet op Arbeidsver­houdinge en die gepaardgaa­nde kode van goeie gedrag ten opsigte van seksuele teistering) se tande om te byt, moet dit werksverwa­nt wees, wat werksparty­tjies en -reise insluit.

Vanweë die strekking van die wet is talle mense plaaslik al skuldig bevind, sê Charlie Higgs, arbeidspro­kureur van Johannesbu­rg. “Die appèlhof het dit in ’n saak as die wreedste vorm van wangedrag in die werkplek beskryf.”

Maar wanneer word ogies maak (seksuele aandag) vir ’n kollega teistering? Volgens Samantha as dit knaend is. (Hoewel net een voorval ook seksuele teistering kan wees.) En/of die een aan die ontvangkan­t het duidelik gemaak dis hinderlik. En/of die meneer met die rooi hakskene moes geweet het die gedrag is onaanvaarb­aar.

In ’n hofsaak waarin ’n bestuurder ’n werknemer byvoorbeel­d gevra het of sy “vanaand ’n minnaar” wou hê, het die hof beslis dis nie teistering nie, aangesien hy opgehou het nadat sy gesê het die toenaderin­g is onwelkom.

Seksuele teistering is nie nuut nie, sê Janine Nieuwoudt, bestuursko­nsultant van Johannesbu­rg wat onder meer werkgewers adviseer oor beweringe van seksuele teistering. Dit neem ook nie noodwendig toe nie, meer mense meld dit net aan. Seksuele teistering of net ’n onskadelik­e geskerts? Dit gaan als oor hoe die persoon aan die ontvangkan­t dit waarneem. Is dit onwelkom, kan dit dalk ’n etiket van seksuele teistering kry. Nie so as dit niemand ontstel nie.

Janine: “Ek was in ’n vergaderin­g waar die uitvoerend­e hoof ’n senior vroulike werknemer nooi: ‘Kom sit op my skoot.’ En niemand lig ’n wenkbrou nie. Later sê ek vir haar: ‘Dit was duidelik seksuele teistering. Hoekom doen jy nie iets daaraan nie?’ Nee wat, sê sy. Sy hou van haar werk, sy het ’n senior pos. Sy gaan nie moeilikhei­d maak nie. Sy beskou dit dus nie as onwelkom nie en dis die

 ??  ??
 ??  ?? Die nuustydskr­if Time het onlangs hul Persoon van die Jaar vir 2017 aangewys: The Silence Breakers, vroue en mans wat teen seksuele teistering uitgepraat het. Op die voorblad, met onder meer die Grammy-wenner Taylor Swift, kan ook net ’n elmboog gesien...
Die nuustydskr­if Time het onlangs hul Persoon van die Jaar vir 2017 aangewys: The Silence Breakers, vroue en mans wat teen seksuele teistering uitgepraat het. Op die voorblad, met onder meer die Grammy-wenner Taylor Swift, kan ook net ’n elmboog gesien...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa