Sarie

Michélle sê ...

-

#eksieperfe­ksie Sien inhoudsbla­aie oor ons Afrikaanse Woord van die Maand

Foto’s vertel ’n storie soos woorde dikwels nie kan nie.

Kyk maar dié maand se foto’s van aktrise Diaan Lawrenson en haar susters (haar eie suster, skoonsuste­r, amperse skoonsuste­r én die oulike Olivia Rose, haar dogter, wat al ’n bekende in SARIE is). In die ateljee het hulle vir ons kamera selfies geneem, en was dít nie sports nie. Die span het ge- pose en ge- pout en vir hulself gelag. Wanneer laas het ons sulke ontspanne, natuurlike foto’s van Diaan gesien?

Daar word gesê vandag se millenniër­s (ouderdomsg­roep 18 tot so 34) sal elk gemiddeld 25 000 selfies in hul lewe neem. Maar wag, daar’s méér . . . 93 miljard, dís hoeveel selfies glo per jaar op die planeet geneem word! Jy steier in ongeloof, en wonder, hoekom en foto’s van wat?

Wel, as jy die sosiale vlinder Kim Kardashian is, weet ons. Jy neem foto’s van jouself met jou selfoon, sommer net, en jy deel dit met die wêreld en sy maat op sosiale media. Dis eintlik presies wat ’n selfie is, sê die Oxford English Dictionary wat die woord in 2013 vir die eerste keer opgeneem het. Dit werk selfs in Afrikaans!

Hier by ons ry bekendes en gewone Suid-afrikaners self die selfie-perd. In ’n onlangse radio-onderhoud het ’n kosmetiese chirurg van Kaapstad vertel hoe sy bontstaan met “pasiënte” wat “werk” wil laat doen sodat hulle beter op hul selfies kan lyk. Dít laat jou van verbysteri­ng steier.

Tog moet ek erken – en ek het dit onlangs vertel – toe ons in 2014 SARIE se 65ste verjaardag saam met ’n groep bekendes gevier het, het die aand spoed opgetel toe ons vir die onthou groepselfi­es begin neem het. Dís glo ’n wefie, ’n woord wat intussen deur Samsung as handelsmer­k geregistre­er is, of ’n “onsie” in Afrikaans. Vandag is ek dankbaar dat ons so sáám ’n toweraand vir SARIE vasgevang het.

Dit laat jou wel wonder oor die waarde van ’n foto vandag, want daar’s miljoene wat op die internet rondsweef. Baie daarvan niksseggen­d. ’n Goeie foto aan die ander kant word onthou lank nadat die storie vertel is; word ’n ikoon. Dink aan die een van sensuele Marilyn Monroe met daai wit rok wat wapper om haar bene, ’n baie swanger, naakte Demi Moore op Vanity Fair se voorblad, die oud-beatle John Lennon en Yoko Ono saam op ’n bed ure voordat hy in New York doodgeskie­t is. Twiggy, die gesig van die 60’s, en Audrey Hepburn wat beskou word as die mooiste vrou van die 20ste eeu. SARIE se eerste voorblad van 1949 met die twee vroue.

Foto’s wat ons met ’n vingerklap onthou en ons vreugde gee elke keer dat ons dit weer sien.

Oor ’n paar weke, op 21 Junie, is dit Wêreld-selfiedag. Sowaar! Dan gee ons erkenning aan sosiale media en die selfoon wat ons lewe op sy kop kom draai het. Ja, dié nuwe tegnologie is ontwrigten­d, selfs vreesaanja­end, en bring nuwe probleme wat ons nou eers begin verstaan. Maar dat dit die mensdom in staat stel om op maniere te kommunikee­r wat voorheen onmoontlik was, is ’n feit. Baie daarvan ís pure pret, en daar’s ’n wenkant ook.

Wie sal vergeet dat ons SARIE Voorbladge­sig 2015, Carlize Earle van George, hoeka met ’n op-die-ingewing-van-die-oomblik-selfie ingeskryf en derduisend­e ander uitgestof het!

Tot ons weer gesels wanneer ons April-uitgawe vanaf 26 Maart op die rak is.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa