Sarie

BESTE EN MOEILIKSTE JAAR

- Susan de Beer, Jeffreysba­ai

“Sê my, was dit jóú jaar? Is ’n droom bewaarheid, jou wense vervul, het die jaar jou dalk verras? Of was daar teleurstel­lings en swaarkry?” Michélle se woorde in die Kersuitgaw­e gryp my aan die hart. 2017 was tegelyk my beste én moeilikste jaar.

Dis nog net twee jaar voor ek aftree. Ons maak planne. Maar die mens maak sy planne, God beskik. In Januarie koop ons ons aftreehuis by die see. Die sekerheid kom lê soos ’n groot vrede in my hart. Binne ’n naweek is ons huis van 23 jaar kontant verkoop en ons tydelike tuiste terwyl ek nog werk, staan en wag.

Dan tref herstruktu­rering! Diep in my hart weet ek hier is ’n groter plan. Ná 40 jaar van ’n verskil maak in die korporatie­we wêreld, moet ek opsies uitoefen. Dit was lankal nie my werk nie, dit was my missie. Ek soek antwoorde en my hart sê vir my my werk hier is klaar, daar wag ’n nuwe uitdaging.

Weer val alles in plek. Einde Augustus maak ek finaal die deur toe. Hartseer, maar vol vrede, raak ek van die oortollige ontslae, neem afskeid en trek my nuwe toekoms tegemoet. Ek weet . . .

“The battle comes before the breakthrou­gh.” Ek moet myself vind. Leer om die klein dingetjies raak te sien. Om afhanklik te wees. Tree vir tree. ’n Droom wat ek in 2005 op papier gesit het, het feitlik tot in die fynste detail waar geword. Onbegrypli­k, oorweldige­nd, ver bo wat ons bid of dink.

Ek is dankbaar. Ek het steeds nie al die antwoorde nie, maar ek weet . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa