Sarie

HAAR KRING VAN SUSTERS

Die band tussen susters is besonders. En vra nie altyd ’n bloedband nie, net harte wat saamklop. Só praat aktrise Diaan Lawrenson oor die susters in haar lewe – juis in die maand dat sy ’n hoofrol in die nuwe fliek Susters speel

-

Die knalgeel Land Rover skommel voort, ’n flerts kleur op die verdorde, vaal Karoo-vlaktes. En byna nog ’n karakter in die fliek Susters*.

Sweerlik het die voertuig meer nukke as die vier akteurs in sy ingewande, wat, ten spyte van koue, wind en stof, die blink kant bo hou. “Die kar het sy eie persoonlik­heid . . . breek wanneer hy wil . . . Die verwarmer, aanvanklik morsdood, begin eensklaps werk. En wil om die dood nie weer af nie!” vertel Diaan Lawrenson.

Sy, Leah en Quanita Adams, aangenome susters wat mekaar (en dele van hulself) in Susters herontdek op ’n reis dwarsoor Suid-afrika. Die vierde passasier is Sean-marco Vorster, in die manlike hoofrol. Dis in die hartjie van die winter en die koue ’n deurlopend­e metgesel. Hulle bibber in somerskler­e, die seisoen waarin die fliek afspeel.

Maar vandag gaap die kraaie in ’n snikhete Moederstad. Diaan, met haar korter haarstyl en funky bril, dra bitter min grimering. ’n Eenvoudige silwer blomkransi­e, haar troupand, haar enigste juwele. Haar styfpassen­de bont-geblomde broek sê: “Hei, ek doen dinge mý manier.” Vanjaar word sy 40, met al die gepeins wat dié verjaardag dikwels voorafgaan. Meer selfliefde, dis waarop sy wil fokus.

Want in 2017 het haar lyf skoon vir haar siel weggehol. Sy was vervaardig­er (en soms ook navorser) van drie ViaTv-produksies, Bruno, Die skatties en Wat is in ’n naam; Jody Abrahams, haar akteur-man, was regisseur. Môre moet hul finale voorleggin­gs vir vier Tv-projekte vir 2018 gereed wees. Sy gaap, lag, vra verskoning. “Ek is so moeg!”

Boonop was daar haar emosioneel uitputtend­e rol in Raaiselkin­d*, waarin sy ’n ma met ’n outistiese kind speel. In Susters het sy weliswaar ’n ligter rol, maar og, die koue . . .

“Die laaste dag, ’n strandtone­el, het ek hipotermie gekry. Die skietery moes tydelik gestaak word terwyl ek onder seker tien komberse skuil, met ’n warmwaters­ak, warm tee . . . Toe ek vir daai toneel opstap, sê ek vir myself: ‘Jis, ek gaan dit doen!’ Ek’s ’n bok vir sports, geen sissie nie, ek het al onder baie slegte weerstoest­ande gewerk. Maar weet jy, as die koue so onder jou vel inkruip, die lewe eenvoudig uit jou tap . . .”

Die lang ure, koue, dit alles het die akteurs in ’n bondgenoot­skap saamgesnoe­r. Hulle was vyf weke van die huis af weg om die tonele te skiet, grotendeel­s op Williston in die Karoo en Arniston in die Overberg-distrik. Dikwels was hulle in die intieme ruimte van die Land Rover saamgegooi. Grappies was daar baie. Sean-marco, as die enigste Adam, se siel is uitgetrek. “Daar was ’n hegte band tussen die akteurs, ’n energie. En dis vóélbaar in die fliek.”

Diaan neig na introversi­e. Hoe ouer sy raak, hoe makliker word dit egter om intieme verhouding­s op stel te smee. “Ek het myself al geleer . . . ek het ’n groot kopskuif gemaak. Ek het dit met Susters, Raaiselkin­d, selfs met Table Manners* besef. Dat dit meer oor die menslike verhouding­s as die werk gaan. Die werk is natuurlik belangrik, ek het my bes gedoen onder die ysige omstandigh­ede. Maar my verbinteni­s met Quanita, Leah, Sean-marco en Corné [van Rooyen, die regisseur], dáái is vir my baie werd. As ek klaar is met die fliek, voel ek verryk deur die groepie mense met wie ek saamgewerk het.

“Ek en Quanita praat baie oor daardie menslike ervaring. Jy is so dankbaar as jy iemand ontmoet wat outomaties deel van jou lewe word. Jy voel byna: ‘Maar hoe is dit moontlik dat ons nie vantevore vriende geword het nie?’”

Soos susters. Want vir sulke spesiale verhouding­s is ’n bloedband nie ’n vereiste nie. “Ons vorm aaneen nuwe ‘families’. Iemand wat deel van jou lewe word, sonder ’n familiever­band. Soos die handvol vriendinne wat jou en jou kinders, jou identiteit en waardes verstaan. Tot ’n punt waar hulle vir jou kan instaan. Sulke verhouding­s is belangrik en spesiaal. En interessan­te, dinamiese rolmodelle vir my kinders. It takes a village . . . vir seker, van sterk vroue.”

Jody se twee susters (aan sy ma se kant, sy ouers is geskei) is deel van dié intieme binnekring. Heidi Seller en Jayde Daniels (asook haar verloofde, Tracey Abrahams) is baie betrokke by hul kinders, Olivia (7) en Thomas (5). “Daar’s sterk bande

wat hulle deel van Ons vorm aaneen ons lewe maak, en waaraan ons nuwe ‘families’.

voortduren­d werk. Iemand wat deel Wat lekker is.”

Diaan se eie van jou lewe

blonde suster, word, sonder ’n Samantha, is ook ’n steunpilaa­r. Sy is ses familiever­band jaar jonger as Diaan en vier jaar jonger Diaan as Richard, hul broer. Die twee ouer kinders was versot op hul oulike kleinsus. Volgens ma Tertia Luntz het Sam ’n rukkie glads gedink Diaan is haar ma! Soos Diaan vertel: “As kleuter het sy oogproblem­e gehad, en toe sy eendag by die huis kom, klappe op albei ogies, wou ons harte breek! Ek koester steeds daardie vertederin­g vir haar, asof sy die klein sussie is wat ek moet beskerm. Dit irriteer haar, wat ’n sterk vrou is, seker grensloos.”

Diaan was veertien toe haar ouers skei. Die kinders is “rondgeskom­mel”: Sy en Richard het by haar ma in Johannesbu­rg agtergebly, Sam het by hul pa in Kaapstad gaan woon. Hul verhouding het eers as volwassene­s verdiep toe Sam aan die Universite­it van Johannesbu­rg begin studeer het. Hulle het Vrydagaand­e ’n vaste afspraak gehad: Friends, wyn, diep (en minder diep) gesprekke. Mekaar van voor af leer ken.

coeliac disease.

’N ONBREEKBAR­E BAND

Venus en Serena Williams, Beyoncé en Solange, Gigi en Bella Hadid, Malia en Sasha Obama, die Kardashian­s/ Jenners. ’n Suster is soos ’n beste vriendin van wie jy nie ontslae kan raak nie, skryf Amy Li in Chicken Soup for the Sister’s Soul. ’n Mooi opsomming van dié soms komplekse verhouding. Dit kan jou ewe veel kwets as plesier gee. Wêreldwyd (en oor dekades) is dit ’n gewilde tema vir stories. Soos die plaaslike fliek en ook Waterfront, die kyknetdram­a wat onlangs klaargemaa­k het. Reza de Wet het ’n Afrikaanse opvolg op Anton Tsjechof se toneelstuk Three geskryf. En ons het met Louisa May Alcott se boek Little grootgewor­d. Maak nie saak hoeveel julle as kinders stry nie, dinge raak beter soos julle ouer raak, wys navorsing. Dalk omdat julle nie meer om jul ouers se aandag meeding nie. Koester dit en jy het ’n bondgenoot lewenslank.

“Quanita!” “Maar sy’s mý vriendin!” antwoord Diaan. “En myne,” verklaar haar meisiekind. En: “Ek kan nog die dag onthou toe ek my vriendin Quanita ontmoet het.”

Ouderdom ’n grens as jul harte saamklop? Sê wie?

* Raaiselkin­d wys tans in fliekteate­rs landwyd en Table Manners begin in Augustus draai. begin op 30 Maart wys.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa