Sarie

Die beste dag van my lewe. Alles was perfek. Dit was net te vinnig verby

- Kwagga

Intieme vriende en familie trek van Vrydag tot Sondag saam op die Bordeaux-wildplaas in Limpopo, naby die Botswanagr­ens. Kyk na die gastelys en jy leer ook sommer iets van Kwagga. Hy het ses (byna ’n Blitsbok-span!) strooijonk­ers. Want hoe kon hy tussen sy beste vriende kies? Bernard Mcgee ken hy sedert hul kleutersko­oldae. Hy weet niks van rugby af nie, dis verfrissen­d, sê onse Kwagga. “Ons praat oor boerdery en visvang.” Met Stephan ( Vossie) Vorster en Reinard Griesel het hy saam op skool voorry gespeel. Werner Kok weer is ook in die sewesspan en ’n goeie pêl. Die sestal word voltooi deur Willem, sy broer, en Tobie, Ilke s’n. Die manne is haar pêlle ook, sê Ilke. “As Kwagga op toer is, speel ek en Reinard saam gholf.”

Standvasti­g. Vir Ilke het Kwagga reeds op skool uitgesoek. Hulle was saam in HTS Middelburg, albei op kosskool. Sy was aanvanklik sku, want hy het ’n naam as joller gehad. “Maar ná Ilke se eerste besoek aan my ouerhuis, tussen Lydenburg en Ohrigstad, het ek besef dis die meisie na wie ek nog altyd gesoek het. Kaalvoet op die plaas . . . sy was net haarself.”

Hy was in matriek, sy in graad tien. Laatmiddag, as die koshuiskin­ders ’n uur lank kon kuier, het hulle na die naaste garage gedrentel vir roomys.

“Hy was my eerste vaste kêrel, my eerste soen. My ma se reaksie was: ‘Jis, jy is die eerste keer verlief – op die verkeerde ou!’” Sy reputasie, sien. Natuurlik het skoonma Annelize (Maree) lankal van deuntjie verander.

Die plaas speel ’n hoofrol in hul liefdesver­haal. Daar tussen die kranse, op die plek waar hulle die eerste keer piekniek gehou het, het hy haar in Maart verlede jaar gevra om te trou. Dit was vyf jaar en elf maande vóór die sesde herdenking van hul verhouding. Sy het verwag hy gaan dan die jawoord vra en hy wou haar verras. Eintlik is hy romanties, skoor Kwagga.

Verlede jaar het baie dinge gebeur. In April het hulle by hul huis in Midstream Estate, Centurion, ingetrek. Splinternu­ut, van die plan af gekoop. Hy het boonop die grond langs sy familiepla­as aangeskaf. Sy het ook klaargemaa­k met haar onderwysst­udies aan die Universite­it van Pretoria.

Sumari, predikant-vrou van oud-bok Julian Redelinghu­ys, een van Kwagga se beste vriende, gaan die trouseremo­nie behartig. Hulle het ’n paar maande voor hul huwelik by haar “klas gedraf” om klein jakkalsies in die verhouding vroegtydig te pypkan. Ilke se liefdestaa­l, het hulle onder meer geleer, dit wat haar gekoester laat voel, is geskenkies. Syne weer, gehaltetyd saam. “Daar was klein goedjies wat ’n verrassing was,” sê sy en sit haar hand op sy been. “Soos dat positiewe woorde aan mekaar, kompliment­e, nie juis vir een van ons belangrik is nie.”

En so, in die felheid van die kollig wat altyd op Kwagga skyn, probeer hulle hul ook nie te veel steur aan wat ander mense sê nie. “Ons wil maar net vir mekaar lewe, die beste vir mekaar doen,” sê hy.

Sy: “Ons aanvaar mekaar presies nes ons is. Hy’t my nog nooit probeer verander nie.” Hy: “Daar was niks om te verander nie. Soos ek haar leer ken het, so is sy steeds.”

Is daar net mooi niks van haar wat hom irriteer nie? Hy: “Nee, behalwe goeters in die huis . . .” Sy: “Hy’s baie netjies

< en ek nie so erg nie.” Hy: “Jy aanvaar dit maar, ek het dalk ook goed waarvan sy nie hou. Vind ’n middeweg.”

Is hy ’n perfeksion­is? Sy: “Erg. Sy kas is altyd perfek, vuil koppies vat hy altyd kombuis toe. Ek sukkel maar om my handdoeke op te tel. Partykeer sê hy niks, tel dit net op . . .” Hy lag. Sy: “Hy’t aan die begin gepraat . . . ek kry dit darem deesdae so nou en dan reg.” Hy: “Nee, dit raak beter.”

Sy loopbaan is tans prioriteit. Sy het al sakke sout saam met hom opgeëet, sy teleurstel­lings is hare ook, so ook sy prestasies. “Maar dis die teleurstel­lings wat mense die langste onthou. Baiekeer voel ek Kwagga moet homself honderde kere bewys, daar kleef ’n stigma aan hom, dat hy te klein is.” ( Jy gaan nietemin nie met Kwagga, ’n gespierde 90 kg, skoor soek nie.) “Vanjaar was ’n goeie jaar vir hom en kritici se monde is bietjie gesnoer.”

Ilke is die een aan wie se kritiek hy hom steur, sê Kwagga. “Sy weet baie van sport. Dalk ken sy nie al die akteurs en sangers se name nie, maar jy kan haar oor enige sportmens uitvra. Sy kyk tien teen een meer sport as ek. Op die plaas worry ek nie om rugby te kyk nie. Maar Ilke, as daar ’n belangrike wedstryd is, sit sy reg voor die kassie. Ons is baie eerlik met mekaar, as iets pla, sê ons dit. Dis hoekom ek so baie waarde aan haar kritiek heg. Dit help my baie, want jy kan nie altyd na al die stemme luister nie. Jy weet nie altyd wie om te vertrou nie. Sy is my steunpilaa­r, ek vertrou haar. En as sy iets sê, kom dit uit haar hart.”

Kwagga, wat ook vyftienman­rugby vir die Leeus in die Superreeks speel, kan natuurlik nie straataf loop sonder om voorgekeer te word nie. Dan drentel sy aan, hy haal haar later weer in. Ilke: “Dit pla my nie. Hy sê altyd hy moet aan rugbyonder­steuners teruggee wat hulle aan hom gee. En die minste wat hy kan doen, is om vir ’n foto stil te staan. As daar nie ondersteun­ers was nie, het die sport nie bestaan nie.” Hy: “En dalk net kan jy ’n verskil maak in ’n klein outjie se lewe.”

Rugbygeesd­riftiges plaaslik is passievol. Wonderlik as die span op die wenpad is, maar as hulle verloor . . . Dis egter vir hom en sy spanmaats net so ’n teleurstel­ling. “Dis soms ’n goeie motivering om harder te werk. Jy leer meer uit teleurstel­lings as wen,” sê hy. Nee, laat glip Ilke, hy was glad nie die afgelope naweek toe hulle in die halfeindst­ryd van die Kaapse been van die sewestoern­ooi die knie voor die All Blacks moes buig, so filosofies daaroor nie. “Toe ek hom gister vra of sy lyf seer is, sê hy nee, maar sy hart is!”

Die plaas, dáár maak hy kop skoon, kry hy perspektie­f. Rugby is sy passie, maar sy lewe draai nie daarom nie. Dikwels klim hy en Ilke op ’n Dinsdagmid­dag in sy bakkie ( Woensdae is daar nie oefening nie) en ry die sowat 300 km plaas toe. Hulle slaap die aand op Vlakfontei­n, boer ’n bietjie, ry trekker. En Woensdagmi­ddag is hulle weer vort. “Ek dink dan nie ’n oomblik aan rugby nie. Dit hou jou kop vars, maak jou honger om rugby te speel. By die huis praat ek en Ilke nie juis rugby nie. Ons hou ná ’n wedstryd bietjie nabetragti­ng en dis dit. Ons het

ander belangstel­lings, daar moet ’n balans wees.” “Die plaas, dis sy vitamien C,” voeg Ilke by. Twee jaar gelede het sy pa ’n kudde buffels aangeskaf, daar’s nou so twintig. Van Kwagga se groot plesiere is om smiddae die buffels te voer, hulle bakke uit te sit en dan agterop die bakkie, met ’n fles koffie en koekies, te kyk hoe die son watertrek. Ilke onder sy blad, natuurlik.

Hy ken die hartklop van daai stuk aarde. Sy oupagrootj­ie het ’n wildplaas in die omgewing besit. Die een waar hy grootgewor­d het, was sy oupa se eiendom. Dis tans sy pa, Willie, s’n en sy broer boer ook daar. Op sy eie stuk grond langsaan gaan hy straks eendag ná sy rugbyloopb­aan woeker.

Daardie groot hande kan meer doen as ’n rugbybal se rondinge koester. Soos kos maak, sy skaapribbe­tjie en pap is Ilke se gunsteling. Sy verkies om te bak. Hy het sommer self koffietafe­ls vir hul nuwe huis aanmekaar getimmer. Die stomp van ’n wag-’n-bietjieboo­m wat al jare lank op die plaas sy oog trek, opgesaag. Nou wink hul groot dag. Ilke se trourok het sy klaargemaa­k gekoop. Sy wou een laat maak en het met die oë in bruidswink­els gesteel. Maar verloor toe haar hart op die derde een wat sy aanpas. Sy vat langer om jeans te koop! sê Kwagga.

Ilke: “Ek en my ma het eers ’n glasie wyn gaan drink om daaroor te besin. Terwyl ons so kuier, kom sit ’n by bo-op my verloofrin­g. Toe sê ek nee, dis beslis my rok!”

Met daai simboliek is daar dalk sommer binnekort ’n klein Kwagga by. Rensche Mari Fotografie: www.renschemar­i.com Bridal Wardrobe: 012 348 3303, www.bridalward­robe.co.za Daneel Diamond Manufactur­ers: www.daneeldiam­onds.co.za Frank Bespoke: 084 441 2223, info@frankbespo­ke.co.za, www.frankbespo­ke.co.za Gelique Couture: 082 304 7734, gelique@geliqueonl­ine.com, www.geliqueonl­ine.com Kingsley Heath: 031 512 5223, info@kingsleyhe­ath.co.za, www.kingsleyhe­ath.com C.C. Catharina Carolina Decor Hire & Exchange: hello@catharinac­arolina.com, www.catharinac­arolina.com Missy Make Up Artist: info@missymakeu­partist.co.za Mia May Hair & Makeup: 072 120 4158, mia-may.co.za Lcn-skoonheids­kliniek, Pretoria: 082 921 9896 Bordeauxwi­ldplaas: 071 868 0819, louise@bordeauxga­mefarm.co.za, www.bordeauxga­mefarm.co.za M. Studio: 071 117 4120, www.ilovemstud­io.com Devil’s Peak-brouery: 021 200 5818, info@devilspeak­brewing.co.za, devilspeak­brewing.co.za DJ Raboobie: 072 923 6246, janhendrik­24@icloud.com Live Life Love Water: 013 692 4311 Sew Couture SA: 010 786 0555, info@sewcouture.co.za Duck Soup Production­s South Africa: 072 856 1877, jana@ducksprodu­ctions.co.za

LINKS Tobie, Ilke se broer, laat die vonkelwynp­roppe klap. Langs hom is sy metgesel, Marizelle van Nieuwenhui­zen. En links is renjaer Roman de Beer met Kimmy van Heerden, sy verloofde, se gesig net-net sigbaar. REGS Gaste vang trougees vooraf. Van links, agter is: Ruandro Kleynhans, Ruan Bezuidenho­ut, Eleanor du Plessis, Raynor Siemer en Koelin van der Westhuizen. Voor is Leandre Muller en Marinda Pretorius. ONDER Springbok-heelagter Andries Coetzee met sy meisie, Storm Kruger, agter hom. ONDER REGS Hulle het die aand “die kerse uitgekuier” volgens Ilke.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa