Sarie

Vinnige 5

- SPEEDO OF BOXERS Boxers WHISKY OF BRANDEWYN Platteland TEATER OF FLIEK Teater KRIEKET OF RUGBY Rugby

Hoe het jy gegroei van jou dae as Niek, die bad boy, tot waar jy nou die patriarg in 7de Laan speel? Kyk, my pa was ’n tipiese patriarg. Ek mis hom verskrikli­k, maar dit was ook byna ’n rite of passage. Toe hy daar was, kon ek nie my voet neersit nie, maar nou voel ek ek kan. Ek voel soos John Wayne – ek is nou die een in beheer.

Dis ook iets wat ek met Chris in 7de Laan beleef. Ek voel ek het waarde, ook hoe ek op stel hanteer word. En ek voel beskermend teenoor van die jonger akteurs. Dis dalk deel van die proses – becoming Chris, die patriarg.

Boonop het ek in Februarie vyftig geword, die big five-o, en ek was nog nooit so opgewonde oor ’n verjaardag nie. Dis ’n ouderdom wat ek lank in my kop gehad het, dis mý ouderdom. Jy’s nou al twee jaar by 7de Laan. dit met jou tyd by Egoli? Dit was ’n belewenis om by 7de Laan op stel te kom. Skielik het ek soos Leon Schuster of iemand gevoel – ek het al hierdie respek gekry. Dis lekker om so hanteer te word en na opgekyk te word. Danie [Odendaal, vervaardig­er] was ook ons hoofskrywe­r by Egoli en ek het destyds baie in sy kantoor gaan huil, want daar was ’n paar boelies by dié sepie.

Die masjien wat 7de Laan is, is ongeloofli­k. Dis ’n besigheid, ’n Rolls-royce. Wou jy nog altyd ’n akteur wees? Ek wou ’n movie- ster wees vandat ek kan onthou. Dit was nie net ’n droom nie, dis wie ek ís – ek het net altyd geglo ek is ’n akteur, selfs as kind.

Maar daar was opdraandes. Mense glo my nie as ek sê ek was verskrikli­k skaam as kind nie. Dalk nie regtig skaam nie, maar oorbewus van mense, sensitief. Maar jy sluk jou skaamte later, want jy het hierdie droom. En niks sou my keer nie. Só iets kan nie gekeer word nie, dis soos gravitasie­krag. Wat was jou ouers se reaksie in daardie jare? Nou nie om ’n hartseer storietjie te vertel nie, maar dit was ’n geheim wat ek moes wegsteek. Ek was in ’n tegniese skool in Randfontei­n en die plan vir my was dat ek ingenieurs­wese gaan

PLATTELAND OF STAD

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa