Sarie

Dit was ’n belewenis om by 7de Laan op stel te kom. Skielik het ek soos Leon Schuster of iemand gevoel

- David

< Dis moeilik om van ’n afstand af pa te wees, omdat ek nie heeltyd kan sien wat aangaan nie. Veral noudat Wanya ’n tiener is.

Sy kom eerste, sy’s alles, en dis hoe dit moet wees. Sy moet weet as sy 911 bel, dan is ek op die vliegtuig en ek’s daar.

Soms mis ek my pa so baie, dit dwing my op my knieë. ’n Pa moet daar wees vir ’n kind. Hoe voel jy nou oor Suid-afrika? Baie positief. Daar’s probleme, maar ek sit nie daarby vas nie. Ek glo in magic. Jy kan nie vir my sê dit bestaan nie – hier is ek dan, klein kind van nêrens wat ’n ster geword het. En ek dink ná Zuma vir Pravin Gordhan laat gaan het, het mense hulle rassisme laat staan en saamgetrek teen hom. En hy verdien al daai gif.

Ek het op ’n punt so te na gekom gevoel omdat ek in Suid-afrika gebore is, maar deesdae voel ek anders – ons het soveel kleur. In 1995 het ek in Los Angeles gaan woon en my paadjie was oop daar, maar ek het besluit ek hou nie daarvan nie. Ek wil hier wees. Jy is Engels grootgemaa­k en werk in Afrikaans. Met watter taal en kultuur identifise­er jy? Ons was die Engelse gesin in ’n baie groot Afrikaanse familie, so ek is eintlik aan albei blootgeste­l. My pa was die laaste van nege kinders uit ’n Afrikaanse gesin, en my ma het hier geland van Duitsland af, die dat ons Engels as huistaal gepraat het. Maar dit het dinge interessan­t gemaak – daar was alles van ’n Beetle met ’n pap wiel tot ’n slap Mercedes by ons familiekui­ers. Dis ongeloofli­k hoe bloed soveel verskillen­de mense aan mekaar kan bind. My ma het ons groot familiesaa­mtrekke gehaat – sy het gepraat van die Japies. Maar hulle is my mense. So ek is lief vir Afrikaans en die Afrikaner. En dis vir my so ’n mooi taal. Baie van die Egoli- akteurs het verdwyn nadat die sepie in 2010 geëindig het. Hoe het jy dinge laat werk? Ek is ’n baie gebalansee­rde linker- en regterbrei­n-mens. Besigheid en kreatiwite­it. En ek glo hoe meer jy een oefen, hoe sterker word dit, nes armspiere. So ek het albei gedoen: toneelspel en besigheid, want ek wou ook geld maak. Ek was byvoorbeel­d vir drie jaar in Chicago die uitvoerend­e hoof van ’n maatskappy wat myngereeds­kap vervaardig. Ek het verskeie rolle in verskillen­de mediums gehad [onder meer in die films My Father’s War en Susanna van Biljon, en die TVreeks Hartland]. Mense wat sê hulle verkies een medium bo ’n ander, het nie genoeg in al die mediums gewerk nie. Jy kan nie appels met pere vergelyk nie. En nou, leef jy jou droom? Jy kom eindelik daar en dan dink jy soms, ag, kon ek nie maar eerder ’n elektrisië­n geword het nie. Want dis moeilik, daar’s soms intense depressie. Of dalk nie depressie nie, net eerder: Is this it? Want jy kyk na ander mense en vergelyk jouself met hulle. Of nes jy dink jy begin goed doen, sny iemand dit af. Mense kan vieslik wees. Maar ek is baie lief vir mense, selfs die vieslikes. Ons almal het mense nodig, niemand kan heeltemal alleen wees nie.

En daar’s ook deurbrake en goeie oomblikke. Dinge gebeur soos dit gebeur, en ek het lank nie meer ’n keuse nie. Óf jy’s suksesvol, óf jy’s ’n has-been. Het die Harvey Weinstein-saak (die Amerikaans­e rolprentve­rvaardiger wat van seksuele teistering beskuldig word en tot die #Metoo- en #Timesupvel­dtog gelei het) die lewe op stel verander? ’n Mooi vrou is ’n mooi vrou . . . Maar jy kan nie meer so nie, want ’n ou toppie lyk nie cute as hy dit doen nie.

As jong 23-jarige by Egoli het ek met die Post Toasties in die kombuis ge- flirt. ’n Stel is ’n seksueel-gelaaide omgewing. En dit moet wees, dis wat mense op TV wil sien. Seksualite­it is baie belangrik in stories.

Ekself moet waak teen chauvinism­e, want I’m a man’s man. Maar byna al my base is deesdae vroue en ek weet ook hoe dit is as jou opinie net oordonder word. Dis onaangenaa­m.

Dinge is nie meer so swart en wit nie. ’n Man se werk in die ou tyd was om vleis te gaan kry, vuur te maak, sy vrou gelukkig te hou. Nou werk dit anders. Is jy in ’n verhouding? Vir die eerste keer in seker twintig jaar is ek in ’n regtig goeie verhouding. Ek wil sommer sing I’ve got a girlfriend, I’ve got a girlfriend! Dis nog heel nuut, ons is so sedert September saam, maar ek kyk nie verder nie. Ek en sy is een, ek weet nie eens hoe om dit te verduideli­k nie. Dis iets wat ek nog nooit ervaar het nie en dis wonderlik. Wat wil jy nog bereik? Ek wil my eie fliek maak. Maar jy’s nie ’n sakeman as jy nie geld maak nie. Om in Suid-afrika ’n fliek te maak, en geld daaruit te maak, is ’n wetenskap en ek wil dit nog regkry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa