Sarie

S– ’n PIE 36 O 0 K ° N - I E R V A RI NG Wie

HIEROOR PRAAT ONS ’n Volronde ervaring word dit genoem – die tendens dat verbruiker­s pleks van nét aanlyn of nét in winkels koop, hul ervaring kombineer. Aanlyn is prakties, die winkeluits­tappie emosioneel en sensories. Kooppatron­e verander voortduren­d. W

- DE K UR WY MAR GUERITE VAN

ook al gesê het dat geld nie geluk kan koop nie, het net nie geweet waar om te koop nie, het die aktrise Bo Derek by geleenthei­d gesê.

En as dit kom by waar en selfs hoe is daar vandag groot veranderin­gs in die wêreld.

Verbruiker­s is kieskeurig en die ervaring gaan vir hulle oor veel meer as net koop. Dis ’n volronde 360°-ervaring – van ’n vrou wat laataand, ná ’n besige dag, aanlyn kies en bestel, of op haar dag af by ’n tradisione­le winkelsent­rum inloer en terselfder­tyd sosiaal met vriende verkeer.

Dit wil al hoe meer lyk asof suksesvoll­e ondernemin­gs deesdae ’n kombinasie bied van aanlyn en tradisione­le verkope. Dis nie meer ’n geval van óf die een óf die ander nie.

Ondernemin­gs wat voorheen eksklusief aanlyn sake gedoen het, soos Yuppiechef waar jy toebehore vir die kombuis en buitelug koop, boekereus Amazon en modeverkop­er Net-a-porter, betrek nou toenemend tradisione­le winkels. Hulle besef verbruiker­s hou van ’n sensoriese ervaring. Nadat Yuppiechef verlede jaar hul eerste winkel in die Willowbrid­ge-sentrum naby Tygervalle­i in die Kaap geopen het, het Andrew Smith, medestigte­r en uitvoerend­e hoof, aan Netwerk24 gesê hul klante het nou

die vryheid om te kies of hulle aanlyn of in die winkel wil sake doen.

“Ons het besef hulle verwag méér as die aanlyn ervaring: hulle wil ook produkte in winkels sien, met verkoopspe­rsoneel gesels, en gebruiksar­tikels aanraak voordat hulle dit koop of as geskenk by iemand laat aflewer.”

Johann Rabie, eienaar van Bike Addict, ’n fietswinke­l op Malmesbury, meen 30% tot 40% van sy klante verkies die 360°-ervaring. Tog is daar nog baie wat net aanlyn of net in die winkel koop.

Volgens tendensvoo­rspeller Dion Chang is daar in meer ontwikkeld­e ekonomieë ’n behoefte aan stories, ervarings en die skep van herinnerin­ge wat ’n rol speel in hoekom kooppatron­e verander.

Hy reken Generasie Z (gebore tussen 1995 en 2014) gaan bepaal hoe inkopieerv­arings in die toekoms gaan lyk. “Hulle sien geen verskil in aanlyn of tradisione­le aankope nie, en hulle soek outentieke, bewustelik­e ervarings. Dit is belangrike­r as die produk. Hulle doen dikwels die navorsing vir hul ouers voor nuwe toerusting gekoop word of voor gesinne met vakansie gaan en beïnvloed dus gesinne se kooppatron­e.”

Die herlewing van die Middeleeus­e markplek – eens die sosiale middelpunt waar alles gebeur het – is reeds in moderne megawinkel­sentrums sigbaar. Maar nou raak winkels self multifunks­ioneel en verskuif die markplek

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa