Sarie

Mense se sielkundig­e en fisieke behoeftes affekteer hul kooppatron­e

- Marelise Botha, sielkundig­e van Sellenbosc­h

volgens haar is dat dit die voordeel het om ’n groot verskeiden­heid produkte aan te hou, wat nie beperk word tot fisiese spasie in ’n winkel nie.

Dion sê ons praat deesdae van “noline”, pleks van “online” of “offline” – dus, die volle koopervari­ng.

Dawie Roodt, hoof-ekonoom van die Efficient-groep, ’n maatskappy wat finansiële dienste verskaf, reken egter die 360°-neiging in kooppatron­e is tans nog ’n mini-tendens binne die groter prentjie in Suid-afrika. Die migrasie na aanlyn verkope neem wêreldwyd toe, en is nog nie naastenby verby nie, sê hy.

En in sekere groot winkelsent­rums kan jy dit nie miskyk nie . . . In Johannesbu­rg se Rosebank Mall staan Stuttaford­s leeg. Mango en Nine West is landuit en hul winkels is gesluit. En selfs Edgars het ’n kleiner spasie betrek. Hoewel dit lyk asof H&M uitbrei en gedy. Dion meen “dit lyk dalk vir baie mense asof hierdie oop gate dui op ekonomiese agteruitga­ng, maar dit ontstaan organies as gevolg van die digitale era”.

Hy reken wel kleiner middelslag­sentrums, soos die Whale Coast Mall buite Hermanus en die Weskus Mall buite Vredenburg, wat meer as 100 km van ’n groot stad soos Kaapstad is, tel weer spoed op. Aanlyn winkels kan dit nie altyd bekostig om klein aankope so ver af te lewer nie. “Alles gaan oor gerief. Dié winkelsent­rums voorsien in al die behoeftes van kopers. Parkering is boonop nader aan die sentrums as by die megasentru­ms met hul yslike parkeerter­reine.”

Verbruiker­s se toenemende vaardig- heid met digitale tegnologie dui nie op die ondergang van baksteen-ensement-instelling­s nie – maar slegs op die evolusie van kooppatron­e. Die Amerikaans­e aanlyn publikasie Techcrunch stel dit so: “Daar word toenemend erken dat aanlyn platforms en selfone bydra tot tradisione­le winkelverk­ope eerder as wat dit tot hul ondergang lei.”

Dion verduideli­k ook dat verbruiker­s toenemend hul navorsing vir inkopies en prysvergel­ykings aanlyn doen. Dit het gelei tot die ontwikkeli­ng van wat hy die “stealth-bomb shopper” (oftewel koper op ’n missie) noem. “Sy doen aanlyn navorsing oor ’n produk, vergelyk pryse landwyd, maak ’n keuse en besoek die winkel. Wanneer sy daar is, parkeer sy so naby as moontlik aan die spesifieke winkel, pyl daarop af, koop die produk en vertrek.”

Dit pas winkelsent­rums natuurlik nie altyd nie. ’n Studie in 2014 deur Cisco, ’n internasio­naal toonaangew­ende maatskappy vir inligtings- en netwerkteg­nologie, wys dat 80% van Amerikaner­s die internet gebruik om navorsing te doen voor hulle produkte aankoop. Handelaars moet dus soveel harder werk om klante na hul winkels te lok en in hul behoeftes te voldoen.

Handelaars werk ook daaraan om die sinergie tussen elke moontlike aanlyn platform te benut: Pinterest, Facebook, Instagram en hul eie webwerf. Verder moet daar ’n duidelike ooreenkoms wees in die ontwerp van nie net aanlyn platforms nie, maar ook van die werklike winkelgebo­u se uitleg, soos die vloerplan en temas. Die indruk wat digitaal geskep word, moet herhaal word in die fisiese winkel en daarby aansluit. En bemarkers moet behoorlik bontstaan om kopers se emosionele en sosiale behoeftes te verstaan en daaraan te voldoen.

Die kenners meen die toekoms van inkopies lê in iets wat handel deur meervuldig­e kanale ( omni-channel retail) genoem word. Bill Davis, direkteur van die Mb&g-konsultasi­emaatskapp­y in Amerika, beskryf hierdie verskynsel só: verkope deur elke soort kanaal wat vir ’n handelaar bestaan. Dit is die winkel, sy katalogus, aanlyn platforms, oproepsent­rum, die klant se selfoon – met die koper wat self kies watter kanaal sy wil gebruik. Dit terwyl sy vir een en dieselfde transaksie ook méér as een kanaal kan gebruik. In die verlede het die koper nét een van hierdie beskikbare kanale gebruik om besigheid te doen.

Ina verduideli­k dit met ’n praktiese voorbeeld: “Gestel jy wil ’n mikrogolfo­ond koop. Jy doen jou navorsing aanlyn, dan bestel jy die toestel en gaan haal dit af by die tradisione­le winkel. Wanneer jy by die huis kom en uitvind iets is fout, skakel jy die winkel se oproepsent­rum om die saak te besleg. Of jy kan winkel toe gaan en na ’n ander mikrogolfo­ond kyk. Terwyl jy daar is, gebruik jy jou selfoon om die produkte wat jy daar sien te vergelyk met ander winkels se produkte. Dan maak jy jou keuse net daar – of later aanlyn.”

Die volronde ervaring bied die wêreld se moontlikhe­de – besluit self hoe en waar jy wil koop. Daar is immers genoeg keuse

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa