Sarie

Die Verlies is iets wat ons almal ervaar en móét ervaar; dit is deel van hierdie aardse reis Ira

-

verhaal wat Ira (46) deel, is des te meer hartverske­urend omdat sy dit so sag en rustig doen.

Daar is iets sereen aan die skraal aktrise met die besonderse mooi blou oë wat hier oorkant my sit in ’n vertrek van Atlantic Studios, noord van Kaapstad, waar sy later vandag aan die verfilming van ’n episode van die televisier­eeks Suidooster gaan deelneem.

Sy begin haar vertelling by waarom sy besig is om die eenakter Haal asem te skep en self daarin gaan speel.

Die beweegrede is dit wat op 10 Augustus 2013 gebeur het toe hul 14-jarige seun, Kieran, op Hermanus gegly en van ’n krans na sy dood geval het.

“Ek dink baie mense het die persepsie dat ek hierdie toneelstuk moontlik vir my eie terapie en heling doen. My terapie die afgelope vier en ’n half jaar sedert Kieran se dood was om te skryf. Ek skryf elke dag soos wat ek nou maar probeer sin maak uit hierdie pad waarop ek is. Uit sulke óngeloofli­ke verlies het baie gewaarword­inge gekom. Dit plaas jou apart van die samelewing as jy so verskiet; as jou hele alles oopbreek en verskiet. Ek het van die eerste oomblik af gedink hiérdie moet betekenis hê vir my.

“Uiteindeli­k het ek myself afgevra: Hoekom is ek ’n aktríse wat ’n kind verloor het? Is daar ’n betekenis dáárin?

“Ek het myself so twee jaar gelede ook afgevra: Waar is ’n impuls van vreugde? Jy weet, as ’n mens so ’n verlies ervaar, is daar so min dinge wat nog vir jou vreugde kan gee. En die eerste ding wat by my opgekom het, is ek wil weer op die verhoog wees. Dit was vir my interessan­t – hoekom wil ek op die verhoog wees? Wát is daar vir my op die verhoog waar ek so rou en eerlik is? En toe het ek in Drif [deur Reza de Wet] die wonderlike rol van Hermien vertolk en daar het ek besef hoe jy as ’n akteur die kans kry om weer eens in jouself te delf, diéper te delf, en als dan ’n innerlike reis word.”

Mense het haar gevra of sy “hierdie ding op die verhoog gaan sit”.

“Toe het ek besluit: Ja, dit is reg; ek het baie gewaarword­inge. Hierdie is nie ’n sentimente­le reis van Ira wat haar kind verloor het nie. Dit is wél my storie; dit is ék en my kind wat ek verloor het, maar ek benader dit heeltemal as ’n aktrise en dis ook ’n universéle verhaal van verlies. Ek dink verlies is iets wat ons almal ervaar en móét ervaar; dit is >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa