Sarie

Ek dink Waldi kyk my gebrokenhe­id áltyd in die oë

- Ira oor haar man, Waldemar Schultz

< deel van hierdie aardse reis. ’n Mens probeer so skop teen verlies en jy probeer héél word ná verlies, maar ék wil breek en ek wil aanhou breek en ek wil nooit ophou breek nie. Al die skanse is weg. Dis vir my in ons weerlooshe­id waar eerlikheid en waarheid lê.”

Die toneelstuk heet Haal asem, want dít was Kieran se laaste woorde aan haar.

“My seun het vandat hy kléin was ’n ding gehad – as ek ontsteld raak, dan kom hou hy my vas en dan sê hy vir my: ‘Just breathe, Mommy, just breathe.’ En die naweek toe hy Hermanus toe is saam met sy pa, het iets my ontstel net voordat hy opgelaai is en hy het voor my kom staan en hy het vir my gesê: ‘Just breathe, Mommy, just breathe’ en my lánk vasgehou. En dit was sy laaste woorde aan my.”

Sy verwys na Viktor Frankl wat gesê het as jy ’n situasie nie kan verander nie, daag dit ’n mens uit om jouself te verander.

“En vir my is dit dít. Toe Kieran nou dood is, toe kan ek nie asem kry nie. Dit is net wég. Jy kan nie asem kry nie; jy wil net doodgaan. Maar ek het besef hierdie situasie wat nou mýne is . . . ek kan Timboektoe toe trek – my kind is dood; ek kan my man skei – my kind is dood; ek kan drink – my kind is dood. Maak nie saak wát ek doen nie, die situasie is: My kind is dóód, en hy gaan dood wees tot die dag wat ék dood is. My kind is 24 uur per dag dood en ál wat ek kon doen, is om binne toe te draai en binne Ira die asem te kry en te soek hoe gaan ek my response en my vryheid skep binne ’n situasie wat ek glád nie kan beheer nie; ek kán dit nie verander nie.” Kort ná Kieran se dood het sy daaroor begin skryf. “Ek was op Ermelo [waar sy ’n toneelkomp­etisie beoordeel het] en ek moes toe lughawe toe ry en ’n kaartjie koop en op die vliegtuig klim en dan sit jy natuurlik in daai sitplek vás. Jy het ontplóf. Jy het verskiét. ’n Vriend van my het gesê dit is soos ’n bom wat ontplof. So jy kyk na alles om jou met hierdie white noise amper om jou. Al wat ek toe in my handsak kon kry, is sulke Pick n Pay-slippies en goed en ek het net begin skribbel, net om iéts te kon doen in daai stoel waarin ek vasgekeer was. En ek dink ek het daarna nooit weer ophou skryf nie.”

Wat ónbeskryfl­ik is, is die hel van ’n ma wat haar kind verloor het.

“Dit is ook ’n waarheid wat mense nie altyd wil sien nie . . . Daardie hel is real en dit is skrikwékke­nd, maar dit is deel van daardie verlies en jy moet daarmee deal . . . Ek dink as jy só verskiet op een slag, plaas dit jou eintlik apart van die samelewing.

“Daar is baie gewaarword­inge wat ’n mens het wat ander mense dalk nie het nie. Ek het byvoorbeel­d geen vrees vir die dood nie. Ek het géén beplanning vir môre nie, géén, want ek het nie beheer oor môre nie, en ek wéét dit en ek lééf dit, want dít is hoe mý lewe uitgedraai het.”

Sy wil nie hê haar wonde moet “toemaak” nie. “Ek wil aanhou breek, want ek voel wanneer jy breek, kom die ware self uit. Ook skoonheid kom uit. Dis nie net verlies wat jou laat breek nie; liefde laat jou ook breek.

“Dis asof mense glasballe in die lug probeer hou en te kenne gee: ‘Ek is oukei! Ek is oukei! Ek is oukei!’ Imagine jy laat ál daai glasballe val en jy’s nié oukei nie . . . watter óngeloofli­ke verligting is dit nie! Dít is regte menswees, om net weerloos te wees. Binne weerlooshe­id is waar ons mekaar kan raaksien. En dit bring ook ongeloofli­ke krag in die sin dat niks áfgebreek kan word nie want daar is nie mure nie.”

Iemand het kort ná Kieran se dood vir Ira en Waldi gesê iets soos 95% van verhouding­s oorleef nie so ’n tragedie nie.

“Wanneer jy opgekrul op die vloer lê sonder asem en die pyn skiét deur jou en jy kan níks doen nie en daar staan net iemand langs jou wat bereid is om na dáái pyn te kyk . . . dít is ’n óngeloofli­ke ondersteun­ing. My man is vir my . . . when everything else falls away, dan staan hy daar. En hy dóén niks. Jy wil nie hê mense moet jou fix nie, maar daar is baie min mense wat in sulke pyn kan vaskyk want dit is nie mooi nie. Ek dink Waldi kyk my gebrokenhe­id áltyd in die oë. Dit is vir my ’n ongeloofli­ke wonderwerk om hom aan my sy te hê.” Rou is uitmergele­nd. “Want dit gaan nóóit weg nie. Dit is vir ewig daar. En, ja, partykeer is jy ’n bietjie op en dan kyk jy vir jou partner en dan is hý weer hééltemal af. Maar die grootste ding is, dis nie vir jou om hulle te fix nie; jy kan maar net langs hulle sit en kyk . . . Ek sién waar jy is, ek witness dit vir jou, en dan loop jy ook weer weg. Almal moet hul eie pad stap.”

Hul dogter, Dhania (15), is op die oomblik op ’n skoolkamp in die berge.

“Ek het geen beheer oor Dhania se veiligheid nie en ek het géén worries oor haar nie. As ek in die oggend vir Dhania bye sê, is ek bewus dat ek of sy dalk oor vyf uur nie gaan bestáán nie. Die verlies [van Kieran] laat my totaal in die oomblik lewe want ek het nét hierdie oomblik.” Met Kieran was dit anders. “Sy hele lewe lank was ek bang dat hy van ’n krans gaan afval. As hy uit my sig is, dan kan ek nie asem kry nie; dit slaan my asem weg want ek is bang hy gaan van ’n krans afval. Dhania kan maak nét wat sy wil, maar as ek Kieran nie kan sien nie kan ek letterlik nie asemhaal nie. Ek het hom altyd laat gaan want ek was bewus daarvan dat dit mý dinge is. En toe dit gebeur, was dit ’n geval van: Maar ek het gewéét dit gaan gebeur want

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa