Sarie

‘HY’S BIETJIE ANDERS’

-

In Julie 2002 wen Ernie Els die Britse Ope op Muirfield, sy derde groot oorwinning in daardie stadium. In Oktober daardie jaar word sy en Liezl se seun gebore.

Die egpaar, wat sku oor hul private lewe waak, het in Junie 2016 met die gesaghebbe­nde koerant (www. nytimes.com) gesels oor hul unieke pad met Ben, wat op die outistiese spektrum is.

Hul seun (nou 15) was stadig om te kruip, te loop en te praat. Sy helderblou oë het nie met hulle s’n kontak gemaak nie. Dit was moeilik vir Ernie, het Liezl aan die gesê. “Ek dink hy wou net weet, is ons op enige manier daarvoor verantwoor­delik?” In 2008 het Ernie besluit om in die openbaar oor sy seun se outisme te praat. Hy en Liezl het die stigting Els for Autism begin om bewustheid te kweek oor en geld in te samel vir dié breinontwi­kkelingsve­rsteuring, waaroor min bekend is. Hulle het ook The Els Center of Excellence vir kinders met outisme laat bou. Ben is een van 288 kinders in dié skool. Met sy 18de verjaardag wat nader kom, beplan die Else ook ’n sentrum vir volwassene­s met outisme op die terrein, het Ernie onlangs aan gesê.

Hoewel hy dalk langer met Ben se outisme gestoei het, was daar min keer toe hy eers besluit het watter koers hy wil inslaan. Sy verhouding met Ben het gegroei van: “Wat gaan ek met hierdie kind doen?” Tot: “Wanneer kan ek weer by hom wees?” volgens Liezl in die artikel.

Sy vertel hulle was in 2013 per vliegtuig op pad van Londen na Philadelph­ia, waar Ernie in die Amerikaans­e Ope op Merion sou speel: Sy, haar skoonma, dogter Samantha en Ben. In Miami se vertreksaa­l, voor die laaste vlug na hul bestemming, het Ben, oormoeg en oorgestimu­leer, “een van sy vloermoere soos ’n tweejarige s’n gegooi”. Die lugwaardin­ne het Liezl meegedeel sy moet hom kalmeer of hy sal nie op die vliegtuig toegelaat word nie. Een van die vlieëniers het ingegryp en hulle kon wel aan boord gaan. Die egpaar se aktivisme spruit uit ’n klomp sulke openbare vernederin­gs.

“Jy kom op die punt waar jou kind se outisme die olifant in die vertrek is, tydens etes met ander spelers, of by die 18de putjie,” het Ernie aan die gesê. “As Ben ’n uitbarstin­g gehad het, kon ek mense hoor fluister: ‘Wat is fout met hom?’ En ek het besluit: Weet jy wat? Ek moet mense vertel my seun het outisme. Hy is ’n bietjie anders, maar hy is my seun.”

Samantha, ’n student aan Stanford Universite­it, was eerste om haar broer se andersheid te omhels. “Sy sou na my toe kom en sê: ‘Ma, hoekom probeer julle hom verander? Ben is uniek,’” vertel Liezl.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa