As ouer weet jy mos as iets nie lekker is nie in 'n raaisel
lekker is nie. Toe sy op vyf met outisme gediagnoseer word, was dit ’n groot verligting. Ons kon uiteindelik die probleem takel, probeer om ons dogter te help, haar beter te verstaan.”
Die frustrasie van nie weet nie, het ook aan haar en Denver se verhouding geknaag. Tot hulle besluit het Skye is die belangrikste, dat hulle op haar moet fokus. ’n Span moet wees.
Skye het met terapie begin en hulle het baie vrae gevra. Saam met haar gegroei en by haar aangepas. Die stemming in die huis ligter, want hulle het nou geweet wat sy wil hê en wanneer sy angstig voel. Elke dag was en is steeds ’n uitdaging, maar hulle verkies om dit ’n avontuur te noem.
As ander mense skewe kyke gegee het, het hulle verduidelik wat die situasie is, dat sy nie stout is nie. Eenkeer in die kerk, met Skye wat heen en weer wieg, het ’n vrou duidelik geïrriteerd geraak. “Dis my kind, dis hoe sy is, los haar,” was Ingrid se reaksie. “As jy nie daarvan hou nie, is dit jou probleem . . .”
Dit het Skye lank gevat om ander mense se emosies te herken. Ingrid en Denver het boeke gekoop, prentjies gewys: I’m sad . . . Deesdae herken en verstaan sy dadelik as iemand ontsteld, moeg of gelukkig is.
Arbeids- en spraakterapie het wondere verrig. Aanvanklik het sy gesukkel met motoriese bewegings en koördinasie. Sy is sensories baie sensitief en hulle borsel haar onder meer gereeld met ’n spesiale borsel.
Skye het heeltemal uit haar dop gekruip, begin gesels en speel met ander kinders. Sy verkies maatjies jonger as sy, maar het een van haar eie ouderdom met wie sy lekker kliek. Hulle maak planne om eendag saam te werk as Skye ’n popster is. Die maatjie wil klere ontwerp.
haar gunstelinge.
Ná die boeliery het hulle haar uit die hoofstroomskool gehaal en sy is gelukkig waar sy nou is: ’n Private skooltjie met klein klasse en baie fokus op individuele aandag. Sy vaar akademies goed, maar sit baie druk op haarself. Hulle probeer haar moed inpraat as sy angstig voor ’n toets raak. “Jy hoef net jou bes te doen, nie 100% te kry nie.”
Roetine is baie belangrik en hulle moet haar gereeld voorberei vir ’n doktersafspraak of enige afwyking van haar gereelde patroon. “Voorbereiding en roetine, dis die sleutel vir alles. Dit stel haar gerus. Dit raak wel makliker om buite haar roetine dinge te doen. Soos om sommer aan te kondig ons gaan ’n melkskommel drink. Sy sal sê dis reg. Ons kan só lank gaan, só laat moet ons weer tuis wees. Sy haat verrassings. Ook as al die aandag op haar is.”
Skye het ’n uitstekende geheue en is goed met syfers, kan blitsvinnig berekeninge in haar kop doen. Gee haar ’n geboortedatum en sy kan sê hoe oud daardie mens is. Bekende datums uit die geskiedenis is haar kos. Sy hou van geskiedenis, soos die antieke Grieke s’n.
Sy boots graag mense na, Ma en Pa gereeld die teiken, tot hulle genot. Hulle kan nie help om te glimlag oor haar manier om als letterlik op te neem nie, ’n kenmerk van mense met outisme. ’n Padda in die keel? Hoe’t dit daar gekom, ingesluk? En dan: “Hoekom lag julle, ek’t niks snaaks gesê nie.”
Denver kon tien jaar lank bedags na haar kyk, want sy ure was plooibaar. Met hom nou egter ook betrokke by die Laan, mis Skye hom baie. Aan haar pa is sy baie geheg.
“Ons leer elke dag by haar. Sy is ’n unieke en ongelooflike kind vir wie ons baie dankbaar en lief is,” sê hy.
Skye Amber Rose . . . haar ouers se prinses . . . en superhero!