Sarie

WEIFANG, CHINA

Belinda van Vuuren wou nog altyd oorsee reis en werk. Toe trek sy en haar man, Lukas, hul jare lange wortels op en verplant hulle tydelik in Oos-asië

- DEUR LIESEL PIENAAR

Hoe het julle in China beland? Op Swellendam was ek vir baie jare die plaaslike hoërskool se Engelse “mam” en Lukas die bestuurder van SSK (Sentraal-suid Koöperasie). Ons was albei baie gelukkig in ons poste en het ’n wonderlike vriendekri­ng gehad. Op die wyse ouderdom van 50 het ek besluit om te doen wat ek nog altyd wou – oorsee rondtoer en terselfder­tyd skoolgee. Daarom is ek in April 2016 China toe en het, net met genade, ’n pos as Engelsonde­rwyseres in Guangzhou gekry waar my dogter, Jeanri, ook ’n pos het.

Daarna het ek ’n fantasties­e finansiële aanbod gekry van ’n internasio­nale skool in Muscat, Oman, waar ek vyf maande Engels gegee het. Toe ek in Desember huis toe gaan, het ek en my man besluit om die avontuur saam aan te pak. Dit was nie maklik so ver uitmekaar nie. Lukas het binne ’n paar weke sy TEFLkursus aanlyn gedoen.

Ons het in Weifang aanbieding­e gekry en in Februarie 2017 hier begin. Sedert Julie is ek die hoof by ’n private skool, AIA (Ameri-can Internatio­nal Academy), waar ek verantwoor­delik is vir die Engelse (Amerikaans­e) lyn van die skool se laer- en middelvlak­leerders. Daarmee saam is ek verantwoor­delik vir die buitelande­rs wat by die openbare skole in die stad Engels aanbied.

Lukas bied Engels aan vir graad 1 tot 4 by drie openbare skole, asook liggaamsop­voeding by AIA vir graad 1 en 2. Hy geniet dit vreeslik en sy leerders is mal oor hom. Ons het albei weer geteken om nog ’n jaar aan te bly. Daarna sal ons sien waarheen ons paaie lei. China het die hoogste bevolkings­yfer ter wêreld? Wanneer ons vir Jeanri en haar man en ons seun, Hano (hy is sedert Oktober 2016 ook in Guangzhou) gaan kuier en die treinstels­el gebruik, besef ons dit keer op keer! Vergeet van persoonlik­e ruimte op die trein. As jy dink daar kan

regtig nie nog een mens inpas nie, druk daar nog drie in! Om op ’n Chinese lughawe te wees is onbeskryfl­ik.

Aanvanklik het ons die busstelsel hier gebruik, maar gou besef dis nie ideaal nie. Ons sou lank by ’n halte wag, maar met die aanwysings en tye daarop in Chinees het ons dikwels net-net die bus gemis of gewonder of ons op die regte bus sou klim. Ná ons Julie-vakansie by ons kinders in Guangzhou het ons ’n elektriese motorfiets aangeskaf, waarna ons verwys as ons Fortuner! Dit gebruik nie petrol nie, maak nie geraas nie, en kan redelik ver ry voordat die battery pap is. Wat mis julle die meeste? Ons verlang die meeste wanneer ons weet, of sien, dat ons families en vriende kuier by ’n troue of om ’n braaivleis­vuurtjie. Lukas het baie jare saam met die boere in die Swellendam-omgewing gewerk, en daarom verlang hy ook baie wanneer dit oestyd in die Wes-kaap is. Ekself mis lang somerdae op ons goue strande, dae om die swembad wanneer die kraaie gaap, en ons baie besonderse berg op Swellendam. Weifang het baie parke? Ja, hulle is pragtig en baie groot! Vir ons is dit besonders om te sien hoeveel tyd en aandag aan die sny van bome en aangeplant­e struike gegee word. Blare word dwarsdeur die jaar opgevee, takkies word gereeld gesnoei, boomstamme toegemaak sodra dit koud word en daar is oral hoekies waar jy kan sit en lees. Meeste van die parke het ’n rivier of ’n fontein wat daardeur loop, en alles is so skoon. Alle parke het ook oefenappar­ate waar enigiemand kan oefen, en dit word regtig benut. Praat julle Mandaryns vlot? O gits, nee glad nie! Ons ken darem al ’n paar basiese woorde en frases, maar ons sukkel lekker en lag vir mekaar. In die begin kon ons ook glad nie verstaan wat die mense vir ons by die straatmark­te sê nie, maar dit raak al beter. Ons kan ook al tel, wat beteken ons weet nou hoeveel om te betaal. Die eerste woorde wat ons geleer het, is om te sê dat ons van Suid-afrika is – want almal dink ons is van Amerika! Dissipline in die skole? In die openbare skole, met tussen 40 en 60 leerders per klas, is die dissipline glad nie ons verantwoor­delikheid nie. Daar is Chinese onderwyser­s in ons klasse wat die dissipline moet handhaaf. Hulle mag nie in ons lesse inmeng nie, maar sal vertaal as hulle gevra word. Die meeste leerders is egter baie gedissipli­neerd. Interessan­te feite oor Weifang. Dis die vlieërhoof­stad van die wêreld, en die Shandong-provinsie, waarvan Weifang deel is, is ook die vrugte- en groenteman­djie van China. Oral om die stad is landerye waar vrugte en veral groente verbou word. Kook julle tradisione­le SA kos? Ons probeer, maar dit is moeilik omdat die produkte en groente hier anders is as HEELBO Ons dogter, Jeanri, en haar man, Anton Oosthuizen. Agter hulle staan ons seun, Hano. MIDDEL ’n Walvisbeel­dhouwerk op Yantai se strand. BO Lukas saam met van die vriendelik­e skoolperso­neel.

tuis. Kosse in Weifang is egter heerlik. Die meeste van hul geregte het ’n basis van vars knoffel, gemmer en sojasous. Daarby voeg hulle groentes, en hoenderof varkvleis. Baie van hul geregte bevat ook eier. Dit is meestal opgekook in water, maar baie geurig en gesond! Het julle al op die Groot Muur geloop? Nee, ons was nog glad nie in Beijing nie. Lukas wil baie graag die Groot Muurmarath­on aandurf, maar sal eers moet spaar daarvoor. Wanneer ons vakansie het, of ’n langnaweek, is daar gewoonlik miljoene (regtig, letterlik!) Chinese wat dit besoek. Ons sal dit eerder gaan stap wanneer dit buite die vakansiety­d is.

Om te reis in Asië is bekostigba­ar en redelik maklik, en terwyl ons hier is, wil ons graag rondtoer wanneer en soveel dit moontlik is.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa