Sarie

2017-’18 #CARSAWARDS SA SE BESTE MOTORS

- Sonja Basson Karien Labuschagn­e

Dit was ’n aand van styl en swier! Maar dit was Suzuki wat die sjampanjep­roppe laat skiet het by Cars.co.za se Verbruiker­stoekennin­gs vir 2017-’18. Suzuki het nie net sy titel as Handelsmer­k van die Jaar verdedig nie, maar ook weggestap met die louere in die kategorieë Sakpasvoer­tuig en Kompakte Gesinsmoto­r van die Jaar. Ook Mercedes-benz, Toyota, BMW, Volvo en Mazda het vanjaar ’n draai op die verhoog gemaak.

Die toekenning­s, wat deur Wesbank geborg word, is onlangs by ’n glansryke geleenthei­d by die Galleriako­nferensies­entrum in Sandton oorhandig, met die radioperso­onlikheid Anele Mdoda as die sjarmante gasvrou. Haar medeaanbie­der was Art, ’n bekkige rekenaar wat die benoemings en die wenners in elke kategorie aangekondi­g het, en ’n gepaste herinnerin­g aan hoe innoverend die motorbedry­f geraak het.

Altesame 20 vervaardig­ers en 39 modelle het dit in 13 kategorieë uitgespook. Die beoordelaa­rspaneel het bestaan uit ’n uitgelese groep motorversl­aggewers en radioperso­onlikhede, maar ook hulle moes vir die seremonie wag om die name van die wenners te hoor. En in 5 van die 13 kategorieë is die beoordelaa­rs se gunsteling nié as die wenner aangewys nie. Die rede hiervoor is die unieke beoordelin­gstelsel: 50% van die finale telling word deur die publiek se terugvoeri­ng in ’n eienaarste­vredenheid­speiling bepaal. Naverkoped­iens is dus deurslagge­wend.

“Met 50% van ’n motor se finale telling wat deur die handelsmer­k se algehele prestasie in die eienaarste­vredenheid­speiling bepaal word, staan die motor eers ’n goeie kans om te wen as dit ’n goeie produk is, uitstaan vir die beoordelaa­rs en as die handelsmer­k goeie naverkoped­iens lewer,” sê Hannes Oosthuizen, verbruiker­servaringb­estuurder van Cars.co.za. “En dis deurslagge­wend vir #Carsawards, want motorverko­pe gaan oor meer as net die koop van ’n produk. Dit gaan ook oor die koop van ’n handelsmer­k en die vestiging van ’n verhouding met die handelsmer­k.”

Bekendes soos Derek Watts, Gareth Cliff, DJ Fresh en Boity Thulo het in hul swierige uitrusting­s die geleenthei­d bygewoon.

Tydens ’n jaarlikse besoek aan die dokter word Nadine en haar man, Pierre, se lewe omver gewerp wanneer sy hoor sy het borskanker. Nadine hanteer dit glad nie goed nie; sy blameer haarself en voel skuldig. Pierre besef nie die omvang van die hele situasie nie, maar gou is hy die een wat sterk en staande moet bly ter wille van Nadine. Haar onkoloog se eie huislike omstandigh­ede raak moeilik vanweë die optrede van haar dwelmversl­aafde seun. Sy moet by al haar werksverpl­igtinge uitkom, haar huwelik red, en haar gesin bymekaar hou.

Die verhaal laat jou besef dat ander mense se lewe duister is, totdat jy 30 dae in hul skoene geloop het. Ek het Pierre uit my hart jammer gekry, en was meer as een keer in trane. Gelukkig het die verhaal vir albei gesinne goed geëindig.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa