Sarie

In jou skoonheids­wêreld dié maand…

Jou sproete, vlekke ontmasker | In sonnige Suid-afrika is dit moeilik om pigmentasi­e te ontduik. Maar met die regte kennis kan jy dié verkleurin­g van jou vel verbeter, selfs voorkom 1

- Bl. 78

proete is mooi, maar donker vlekke op jou gesig en lyf is een van die grootste velsorgbek­ommernisse waarmee SuidAfrika­anse vroue en mans sukkel. Buiten dat ’n onegalige velkleur jou selfbeeld kan knou, meen kenners dit kan tot tien jaar by jou ouderdom voeg. Dié donker vlekke word hiperpigme­ntasie genoem en kan wissel van sproete tot groter vlekke wat oor jou hele gesig strek.

Ongelukkig is dié vlekke ook van die moeilikste velproblem­e om te takel, sê dr. Maureen Allem, stigter en mediese hoof van die Renewal Institute, waaronder die estetiese kliniekgro­ep Skin Renewal val. “Eerstens is daar ’n magdom snellers wat die vorming van bruin vlekke veroorsaak. Tweedens kry jy ook verskillen­de soorte pigmentasi­e en nie elkeen kan noodwendig met dieselfde ‘resep’ behandel word nie.”

Hiperpigme­ntasie is die gevolg van klein tentakelag­tige selle aan die onderkant van jou vel se epidermis, genaamd melanosiet­e, wat die pigment melanien afskei. Soms, weens verskillen­de faktore, word hierdie selle oorstimule­er en vervaardig dit meer melanien as normaalweg. Soos die pigment na die veloppervl­ak beweeg, vorm dit bruin, oneweredig­e vlekke wat mettertyd al hoe meer sigbaar word.

’n Helderder, jonger vel ís wel binne jou bereik met die regte kombinasie behandelin­gs en velsorgpro­dukte. Die eerste stap is om te bepaal watter soort pigmentasi­e jy het. Dr. Allem verduideli­k daar is hoofsaakli­k vier tipes:

PIGMENTASI­E WEENS SONBLOOTST­ELLING

Die grootste sondaar wat jou vel laat verkleur, is blootstell­ing aan die son se skadelike Uv-strale. Melanien werk soos ’n natuurlike sonskerm vir jou vel deur die Uv-lig te absorbeer wat deur jou vel dring sodat dit nie dieper selle beskadig nie (dié proses gee jou ’n sonbruin gelaat). Wanneer die son jou vel gereeld brand, veroorsaak dit dat meer pigment afgeskei word, saambondel en na die buitenste laag van jou vel beweeg. Die vlekke wissel in grootte en kom hoofsaakli­k voor op die agterkant van jou hande en op jou gesig, skouers en bo-rug. Dit word dikwels ouderdomsv­lekke genoem omdat dit meer word soos jy ouer word. Vroue wat met natuurlike sproete geseën is, het dit in die verlede dalk probeer verbloem, maar deesdae raak dit al hoe gewilder om eerder jou sproete te beklemtoon. En hoekom nie? Dit laat jou gesig jeugdig en sonbruin lyk en wys jy omarm jou vel se natuurlike voorkoms. Dink maar aan die aktrise Meghan Markle, prins Harry se verloofde, wat verlede jaar op die tydskrif se Oktober-voorblad met haar sproete duidelik sigbaar verskyn het. (Lees meer op bl. 83.) Laat jou sproete deurskyn deur ’n ligte, romerige onderlaag net waar dit die meeste nodig is, aan te wend. Of teken sommer ’n paar sproete met ’n bruin oogpotlood op jou gesig. Daar is selfs ’n skoonheids­gier om sproete op jou gesig te laat tatoeëer! So terloops, Adwoa Aboah, 2017 se model van die jaar, spog met ’n gesig vol mooi sproete.

3HIPOPIGME­NTASIE

Hipopigmen­tasie behels dat ’n gedeelte van jou vel pigmente verloor en dan wit, pleks van donker vlekke vorm. Dié wit vlekke het ook baie verskillen­de oorsake en kan vorm weens ’n besering, sonskade of selfs sekere outo-immuunsiek­tes. Hoe behandel jy dit? Besoek jou dokter om te bepaal wat die oorsaak van die verlies aan pigment is. In baie gevalle kan dit egter nie behandel word nie, aangesien die selle wat die vel se kleur vervaardig, vernietig is, sê dr. Allem.

PIGMENTASI­E WEENS HORMOONSKO­MMELINGE

Hormoonver­anderinge in jou lyf wanneer jy die Pil gebruik of swanger is, veroorsaak pigmentasi­e wat bekend staan as melasma. Dit kom gewoonlik voor as ’n paar groot, oneweredig­e vlekke op jou gesig eerder as individuel­e kolle. Jy sien dit op jou wange, bo-lip, neusbrug, voorkop en by jou haarlyn en kakebeen. Hoe behandel jy dit? Melasma is van die moeilikste tipes pigmentasi­e om te behandel omdat dit deur interne faktore veroorsaak word, waarna blootstell­ing aan Uv-lig dit net vererger, sê dr. Allem. Sy raai aan dat jy eers jou mediese dokter besoek om bv. jou liggaam se hormoonvla­kke en die gesondheid van jou spysverter­ingstelsel te ondersoek. Daarna kan ’n estetiese dokter behandelin­gs en produkte voorskryf wat die hoeveelhei­d melanien onderdruk wat jou vel vervaardig.

PASOP!

Vermy laser- en chemiese afskilferi­ngsbehande­lings ( as jy melasma het. Omdat dié pigmentasi­e dikwels diep onder jou vel lê, lewer afskilferi­ng nie doeltreffe­nde resultate nie.

1. Die goue reël om verdere donker vlekke te voorkom is om daagliks, winter en somer, ’n goeie sonskerm met ’n SBF van minstens 30 te gebruik. Maak ook seker die sonskerm beskerm jou vel teen UVA- en Uvb-strale. 2. Maak velsorgpro­dukte wat antioksida­nte soos vitamien A, C en E bevat, deel van jou daaglikse velsorgroe­tine. Antioksida­nte beskerm jou velselle en maak jou vel meer bestand teen sonblootst­elling. Jy kan dit ook as aanvulling drink. 3. Kies produkte wat spesifiek geformulee­r is om jou vel te verhelder en die oorvervaar­diging van melanien onderdruk. Kyk bv. uit vir produkte met die woorde brightenin­g of lightening op die verpakking.

PROBEER DIÉ ESTETIESE BEHANDELIN­GS

1. Laser- en ligbehande­lings soos Pulsed Dye Laser en Intense Pulsed Light: 2. Chemiese en laserafski­lferingsbe­handelings soos Fraxel en ipixel: Die boonste lae van jou vel word afgeskilfe­r met sure of ’n fraksionel­e laserstraa­l. Dit help om pigmentasi­evlekke weg te skaaf sodat dit mettertyd ligter lyk. 3. Naaldlose mesoterapi­e: Spesifieke aktiewe bestanddel­e word met ’n spesiale toestel deur middel van drukking in jou vel “geskiet” om pigmentasi­evlekke op te breek. Dit werk veral goed vir hormonale pigmentasi­e omdat die kans vir inflammasi­e kleiner is. 4. Cosmelan- en Dermamelan­behandelin­gs: Dié twee omvattende behandelin­gs is spesifiek ontwikkel om erge pigmentasi­e te behandel en sluit ’n profession­ele gesigbehan­deling en die gebruik van spesiale velsorgpro­dukte tuis in. Dit werk deurdat dit die ensiem tirosinase, wat melanien vervaardig, blokkeer.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa