Sarie

Raad vir donker vlekke

ELMA SMIT TV-AANBIEDER QUINNE BROWN AKTRISE

-

Ek het erge pigmentasi­e op my voorkop, tussen my wenkbroue en om my mond. Ek vermoed dis ’n kombinasie van sonskade en hormone. Hoe behandel jy dit? Ek gaan gereeld vir ’n diepafskil­feringsbeh­andeling ( peel) en het onlangs die produkte in die velsorgree­ks phformula begin gebruik. Hoe voorkom jy verdere pigmentasi­e? Ek dra byna altyd ’n hoed by my, of ek nou met vakansie gaan en of dit ’n sonnige wintersmid­dag in Johannesbu­rg is. Jy sal verras wees hoeveel son jou vel kry tydens middagete op ’n stoep of by ’n mark. Ek wend ook elke oggend sonskerm aan en dra ’n buisie in my handsak sodat ek dit deur die dag kan opknap, veral in die kar. Ek het tydens my swangerska­ppe plek-plek donker vlekke op my vel ontwikkel. Hoewel dit nie so erg is nie, is dit vir my baie belangrik om verdere pigmentasi­e te voorkom. Hoe behandel jy dit? Ná byna ses jaar wat ek maar min aandag aan my vel gegee het, het ek verlede jaar vir Sonette Donker, velsorgken­ner van die velsorgkli­niek Skin ID in Johannesbu­rg, ontmoet. Sy het my bekend gestel aan die produkte en behandelin­gs van die velsorgree­ks Dermaceuti­c en dit maak ’n groot verskil. Ek gaan nou maandeliks vir die Dermaceuti­c Milk Peel. Dit bevat twee tipes sure, glikol- en melksuur, wat vel sagkens afskilfer. Ek het hormonale pigmentasi­e ontwikkel toe ek swanger was met my eerste kind. Dit het verbeter met behandelin­g, maar noudat ek weer swanger is, het baie van die vlekke teruggekee­r. Hoewel ek nie dadelik iets daaraan kan doen nie, sal ek ná die geboorte weer begin met ’n pigmentasi­e-behandelin­gsroetine. Hoe behandel jy dit? Ek dink dit maak ’n groot verskil indien jy velsorgpro­dukte gebruik wat spesiaal vir pigmentasi­e geformulee­r is. My staatmaker­velsorgree­ks is Obagi. Ek gaan ook vir diepafskil­feringsbeh­andelings by die velsorgkli­niek Skin Renewal.

GRIMERING

Min Min Ma, ’n New Yorkse grimeerkun­stenaar wat al Meghan se grimering gedoen het, het verlede jaar aan vertel dat sy Meghan net liggies grimeer omdat haar vel so mooi is. Sy gebruik ’n deursigtig­e onderlaag sodat Meghan se sproete kan deurskyn en ’n bietjie verbloemer onder haar oë. Vir haar oë verkies Min Min Ma ’n rokerige voorkoms met aardse brons skakerings, en vir haar lippe ’n neutrale kleur met ’n pienk ondertoon.

Probeer NYX Ultimate Shadow Palette in Warm Neutrals (R380) en Maybelline Vivid Hot Lacquer in Tease (R150)

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa