Sarie

Só bly Meghan Markle mooi

Beste kerse HOU VAN

- A-

VIR HAAR JEUGDIGE, FERM VEL

Daar skuil glo ’n ongewone tegniek agter haar ferm vel. In ’n onderhoud in 2015 met die aanlyn skoonheids­winkel Birchbox het Meghan onthul dis nie ’n wonderseru­m of vogroom wat haar gesig jeugdig hou nie, maar ’n unieke “inwendige gesigbehan­deling” waar die binnekant van jou mond en tong gemasseer word vir ’n fermer gesig. Meghan vertel sy het dié tegniek geleer by die Britse skoonheids­terapeut Nichola Joss, by wie Kate Moss en Jennifer Lopez glo gereeld aanklop. “Jy voel dalk simpel terwyl jy dit doen, maar dit werk,” het sy in die onderhoud gesê.

HAAR GOEDKOOP PRODUK VIR ’N SAGTE LYF

Haar staatmaker-vogroom vir haar lyf is nie luuks nie, maar ’n ou bekende wat boonop baie bekostigba­ar is. Die 36-jarige Meghan het in ’n onderhoud met die gewilde Amerikaans­e skoonheids­blog in 2016 onthul dat sy mal is oor Nivea se Skin Firming Hydration Body Lotion. “Ek gebruik dit slaafs. Dis so bekostigba­ar en laat my vel fantasties lyk en voel,” het sy gesê.

Hoe laer die kwik oor ’n maand of twee begin daal, hoe donkerder en smeulender die lipkleure. Purper en dieprooi is in die kol vir die kouer maande. Kies ’n produk met baie glans soos

Rouge Dior Liquid Metal in Poison Metal

(R600) vir ’n voller mond, of een met ’n matafwerki­ng soos L’oréal Paris Liquid Lipstick Lip Paint Matte in Apocalypse Red (R160) vir houkrag. Dit ruik soos ’n koue wintersdag by die see – Jo Malone Wood Sage & Sea Salt (R850). Besoek www.jomalone.co.za Roos word met kruienote gemeng – Sisley Rose (R945). By uitsoektak­ke van Edgars en Red Square ’n Kombinasie van vars vye en dieper houtnote – Dyptique Paris Figuier (R1 180). By Skins Cosmetics in Sandton City Ek is mal oor ’n velsorgpro­duk met vitamien C. Dié vitamien is ’n kragtige antioksida­nt wat help om donker vlekke oor tyd te vervaag, jou vel teen besoedelin­g te beskerm en dit te laat straal. Vichy se Liftactiv Vitamin C Brightenin­g Skin Corrector (R480) is ’n ligte serum wat jy op ’n skoon vel aanwend. Hoewel dit ’n olierige tekstuur het, voel dit glad nie vetterig op jou vel nadat dit geabsorbee­r het nie. Gebruik so vyf druppels een keer per dag en wag ’n paar minute voordat jy jou ander velsorgpro­dukte aanwend.

Vitamien A is die belangriks­te bestanddee­l vir ’n gesonde vel en moet daagliks aangevul word om dit gesond te laat lyk en voel.

Die Ionzyme C- Quence reeks is Environ se hoë gehalte “Vitamin STEP- UP SYSTEM ™ ” wat ‘ n hoogs e “ektiewe kombinasie van vitamiene, antioksida­nte en peptiede bevat.

Die Serums en Crème werk saam om die sigbare tekens van verouderin­g te teiken en ‘n meer jeugdige voorkoms te help ontwaak.

Ervaar jou vel “# Rebornbeau­tiful” met ons vitamien teenveroud­ering-velsorgree­ks.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa