Sarie

Oorlog in Sirië

’n Gift of the Givers. Wie ken dié name nie? Maar die stigter van hierdie humanitêre organisasi­e soek nie dankies nie. Hy het net een doel voor oë: om mense se lot te verlig

-

Hy noem homself ’n rampspoedt­oeris, sê dr. Imtiaz Sooliman prontuit. Ons ontmoet op ’n somersdag in die Tuine in Kaapstad. Hy in sy geliefde groen sporthemp, rustig met ’n koppie Vyf Rose-tee.

Vir 25 jaar is dié Suid-afrikaner aan die stuur van een van die wêreld se bekendste humanitêre organisasi­es, Gift of the Givers. Daar waar die nood groot en oorweldige­nd is – oorlog in Sirië, bemiddelin­g ná ontvoering­s in Jemen, waternood in die Kaap en Karoo, wegholbran­de aan die Tuinroete, droogte in Mosambiek – daar is Imtiaz en sy span hoogs gekwalifis­eerde helpers.

Om mense se lot te verlig, dís sy lewenstaak. Dís wat hom dryf. Maar om dít te doen, raak hy nooit emosioneel betrokke nie. Hy kan dit nie bekostig nie, want dan “verloor jy fokus. Jy moet die groter prentjie sien . . .”

Vandeesmaa­nd by die US Woordfees op Stellenbos­ch gee hy ’n gedenklesi­ng vir die joernalis Suna Venter, wat verlede jaar aan gebrokehar­tsindroom dood is. Suna was een van die SAUK-8 wat afgedank is nadat hulle beswaar gemaak het teen die voormalige bedryfshoo­f, Hlaudi Motsoeneng, se besluit dat beeldmater­iaal van gewelddadi­ge protesaksi­es in SA nie uitgesaai mag word nie. Suna was ook betrokke by Gift of the Givers en was saam op sendings na Libië, Gaza, Egipte en Sirië.

“Sy was ’n wonderlike mens,” sê Imtiaz. “Sy het soveel vrae vir oorlogslag­offers gevra. Mense was mal oor haar, maar sy was byna té betrokke. Ná sendings het sy nog kontak behou met mense. Haar enigste strewe was om die waarheid te soek. Sy’t alles gedeel op sosiale media. Dit was miskien nie so goed vir haar beroep nie, want jy móét onpartydig bly.”

Sedert Gift of the Givers se ontstaan het hulle al hulp van R2,5 miljard in 42 lande verleen. Hieronder tel die R20 miljoen wat die organisasi­e verlede jaar tydens die verwoesten­de Knysnabran­de aan die Tuinroete bygedra het, hul grootste plaaslike projek tot op hede. Midde-in die vernietige­nde droogte het Imtiaz en sy span onlangs landwyd R40 miljoen se veevoer aan boere versprei.

Op die dorre Beaufort-wes in die Karoo het Gift of the Givers 1,2 miljoen liter water per dag uit ’n akwifeer in die Gamkadam-pyplyn help pomp om na die dorp se reservoir te lei. En met druktyd was hulle besig om vragte vol gebottelde water aan te ry na Kaapstad, waar die krane reeds voor die winter kan opdroog weens die droogte.

Imtiaz se deernis vir die mensdom het kleintyd begin. Drie mense het daartoe bygedra dat hy ’n mediese dokter geword het: sy pa, sy ma en hul familie-arts. “My pa was ’n winkeleien­aar op Potchefstr­oom. Hy het dikwels skuld afgeskryf vir sy swart klante.” Sy ma, by wie hy en sy twee susters in Durban grootgewor­d het (sy ouers was geskei), het ’n werkverska­ffingsburo gehad. “Sy het geglo mense wat werk, is bemagtig. En ons familie-arts het die wette van die heilige Koran eerbiedig, sy gedrag onkreukbaa­r.”

Imtiaz praat vinnig, gedrewe, en jy besef gou, om mense te help is sy lewe.

In sy jeug was hy ergerlik oor die onreg van apartheid. “Ons moes ons persele op Potchefstr­oom ontruim, is verkleinee­r en as student aan die Universite­it van Kwazulu-natal, waar ek medies studeer het, was ek wrewelrig oor dié regime.”

Maar toe verander sy lewe op 6 Augustus 1992. Hy was op besoek in Istanboel, Turkye, en het ’n gebedsessi­e vir alle denominasi­es van oor die wêreld bygewoon. “’n Spirituele onderwyser het my in die oë gekyk en gesê: ‘My seun, in jou siel sien ek iemand wat mense wil help.’” Wat dit so merkwaardi­g maak, is dat Imtiaz nie Turks, en die spirituele onderwyser nie Engels, verstaan het nie. “Ons het ’n geestelike taal gedeel,” verduideli­k hy. “Die spirituele man het ook gesê: ‘Ek vra jou nie, maar bevéél jou om ’n organisasi­e, Gift of the Givers, te stig en om mense van alle rasse en gelowe, kleure en politieke oortuiging­s van oor die wêreld onvoorwaar­delik te dien.’

“Ek volg die Moslem-wette, maar of ek ’n goeie mens is?” Hy lag en haal sy skouers op. “God sal weet.”

Imtiaz glo daar is slegs een God, met baie verskillen­de name. “Mense is mense.” Wat hy wel weet, is liefde is die enigste oplossing op aarde. “Haat en konflik bring niks.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa