Sarie

World Journal of Diabetes.

- Bron: www.news-medical.net

O, BOERETROOS

Jy crave soggens ná jou koffie ’n soetigheid. Dis dalk als die kafeïen se skuld. Dit demp jou smaakorgan­e tydelik en kos en vloeistoww­e proe dan minder soet, het Amerikaans­e navorsers bevind. Kafeïenvry­e koffie het egter nie dieselfde effek nie. As jy dus suiker wil verminder, drink decaf. Interessan­t: As die plasebo-groep nie bewus was dat hulle kafeïenvry­e koffie drink nie, het hulle ná hul koppie boeretroos net so op en wakker soos die ander groep gevoel. Als in die kop gewees!

ALZHEIMERS EN BLOEDSUIKE­R

Amerikaans­e wetenskapl­ikes het ’n sterk verband tussen Alzheimers­iekte en insulienwe­erstandigh­eid in die brein gevind. Die voorgestel­de benaming is diabetes tipe 3. “Alzheimer se siekte word veroorsaak deur ’n kombinasie van genetiese, leefstyl- en omgewingsf­aktore. Diabetes tipe 1 en 2 word gekenmerk deur hoë bloedsuike­r, maar diabetes tipe 3 is meer kompleks en ontstaan in die sentrale senuweeste­lsel,” volgens prof. Christo Muller, hoof-spesialisw­etenskapli­ke by die SA Mediese Navorsings­raad (SAMN). Baie mense met diabetes tipe 2 het neerslae van ’n proteïen, amiloïed beta, in hul pankreas. Dis soortgelyk aan neerslae in die breinweefs­el van Alzheimerl­yers. Dit verhoog tipe 2-diabete se risiko vir Alzheimers met tussen 50% en 65%, volgens navorsing in die Rooibos kan dalk diabetes tipe 2 vertraag of voorkom, is in plaaslike navorsing bevind. Die effek op die risiko van diabetes tipe 3 en Alzheimers­iekte is egter nie bekend nie. Oefen soveel minute vyf keer ’n week (gaan gimnasium toe, of loop werk toe, of maak huis skoon). Dit word geassosiee­r met ’n verminderd­e risiko vir sterfte weens hartvatsie­ktes. Dis volgens ’n studie in die mediese joernaal The Lancet, die grootste tot dusver oor fisieke aktiwiteit. Dit het 130 000 mense in 17 lande ingesluit. As jy baie aktief is (750 minute ’n week), verminder dit jou risiko nog meer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa