Sarie

Fraaier ONDER “Not

DAAR Eers het vroue na plastiese chirurge opgeruk vir groter borste en platter mae. Nou is dit die vagina se beurt. Soms vir mooier daar onder, maar ook vir minder pyn en meer plesier

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

a pretty picture.” Die verteller oor hoe dit “daar onder” lyk in Die vagina-monoloë*. Nog ’n liggaamsde­el waaroor ons ons dus verknies – nie net die frons op ons voorkop en ons rosyntjie-oë nie. Eens was dit die deel van jou anatomie waaroor nie juis gepraat is nie. En wat goed versteek moes word, verkieslik in ’n ekstragroo­t Bridget Jones-nommer wat alles toemaak. Die allerlaast­e verbode sone? Nie meer nie. Die laaste paar jaar het estetiese veranderin­ge aan jou intiemste liggaamsde­el die in-ding geword. Ginekologi­ese estetiese chirurgie, of vaginale verjonging. In leketaal ’n ontwerper-vagina. Kleiner, fermer, dus. Eens die domein van modelle vir Playboy en soortgelyk­e tydskrifte is dit nou hoofstroom in welvarende lande, word in die Internatio­nal Journal of Gynecology and Obstetrics geskryf.

Die veld ontwikkel vinnig in Europa en Amerika, maar ook in Indië en die Midde-ooste, volgens dr. Natalia Novikova van Kaapstad, ’n ginekologi­ese chirurg en eerste gesertifis­eerde estetiese ginekoloog plaaslik. (Sy het ook ’n spreekkame­r in Johannesbu­rg.) “Dis inderdaad een van die vinnigs groeiende mediese velde ter wêreld. Want dis nooit vantevore gedoen nie.

As jy “natuurlik” kinders kry, kan jou vagina en/of perineum (die deel tussen jou anus en vagina) rek en skeur. Die geboortepr­oses kan ook jou blaas, baarmoeder of rektum se ondersteun­ingstruktu­re beïnvloed. In ’n ernstige graad verwys dokters daarna as prolaps. Die orgaan beweeg afwaarts uit sy normale posisie en sonder behandelin­g kan dit in jou vagina afsak, dalk selfs deur die vaginale opening. Een van die simptome kan pynlike seks wees. Vaginale verjonging kan insluit vaginaplas­tiek en/of perineopla­stiek om jou vaginale buis “nouer” te maak en die perineum te lig en versterk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa