Sarie

Daar is nie iets soos ’n ‘normale’ of ‘perfekte’ vagina nie

PRAAT MET JOUSELF

- Dr. Novikova

< Vroue wat die prosedure om suiwer estetiese redes kry, is meestal minder tevrede met die resultate as dié met funksionel­e probleme, volgens studies met vroue van verskeie ouderdomme.

NOU – VINNIGER MET LASER

Kim en Kourtney Kardashian het dit al beproef – ’n stywer vagina met laser. “Dis al waaroor my susters praat, hulle bespreek dit aanmekaar,” het Khloé gesê tydens ’n opname van haar (nou gekanselle­erde) kletsprogr­am,

Met laser*** kan jy dieselfde (en beter) resultate as met vaginaplas­tiek kry. Dis boonop nie-indringend, narkose is nie nodig nie en jy kan dadelik daarna met jou dagtaak voortgaan. Minus moontlike (weliswaar skaars) newe-effekte soos infeksie, pyn en littekens.

“My sekslewe was wonderlik voor ek kinders gehad het. Drie natuurlike geboortes later het dit gevoel daar’s niks daar onder nie. Danksy laser is seks soveel beter. Dit voel stywer vir my, ek het weer ’n seksdrang en orgasmes. My man kan ook nie die verskil glo nie,” volgens Sam** (40).

SIT DIE ‘OOO . . .’ IN ORGASME

Die G-inspuiting: ’n Inspuiting met hialuronsu­ur (’n soort vuller) in die omgewing van die G-kol maak die weefsel plomper en seks glo beter. Die O-inspuiting: Jou eie bloed (PRP of plaatjiery­ke plasma) word verwerk en in die G-kol se omgewing gespuit. Dit kan ook in die klitoris gespuit word (om orgasmes te verbeter). ’n Nuwe tegniek is die spuit daarvan in die vaginale wand (vir droogheid, pynlike seks en gereelde vaginale infeksies), vir ’n soortgelyk­e effek as vaginaplas­tiek. (Dit word ook vir velverjong­ing gebruik, die sogenaamde “vampier”facelift.) Ook hialuronsu­ur kan in die vaginale wand gespuit word. Dit trek water aan, wat die plek vul en die vagina stywer maak. Die effek van albei is net 6-12 maande. Die tradisione­le behandelin­g, estrogeen-room, werk goed, maar die effek is net tydelik en dit moet aanmekaar gebruik word. Botox vir vaginismus, wanneer vaginale penetrasie pynlik is weens die onwillekeu­rige sametrekki­ng van die vaginale spiere. Botox laat dit ontspan.

“Ná jare lange pynlike seks en die onvermoë om selfs ’n tampon te gebruik het dr. Novikova my met vaginismus gediagnose­er. Ses weke ná ’n botoxinspu­iting kon ek reeds ’n verskil sien. En ses maande later is my lewe heeltemal normaal,” sê Sandra**, 27. Vullers word gebruik om jou (die wal vetweefsel bokant die skaambeen) en labia majora (groter genitale lippe) plomper te maak. Die “velkappie” wat jou klitoris bedek, kan ook verklein word om seksuele stimulasie te verbeter.

Gestres? Praat saggies met jouself, in jou kop, maar in die derde persoon. Dus nie ek, my en myself nie, maar jou, hy, sy, of jou eie naam. Dit gee jou ’n effense sielkundig­e afstand om oor jou gedagtes en gevoelens te besin, asof dit iemand anders s’n is, volgens Amerikaans­e navorsers.

DIER-BAAR DOKTER WOEF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa