Sarie

GESONDDING­E

BLY KALM ’N TAMATIE-BLOS

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Die aantal sterftes plaaslik wat deur hartsiekte­s veroorsaak word. Sowat 80% daarvan kan voorkom word deur klein, gesonde veranderin­ge aan jou leefstyl. Soos ’n gesonde dieet, gereelde oefening, ophou rook en minder sout inneem. Dit lyk asof ’n dieet ryk aan tamaties daagliks velkanker by muise met die helfte verminder, is in ’n Amerikaans­e studie bevind. Dieselfde is dalk ook by mense moontlik. Karotenoïe­de soos likopeen, die pigmentver­bindings wat tamaties hul rooi kleur gee, kan jou vel teen UVbeskadig­ing beskerm. Studies met mense dui ook daarop as jy tamatiepas­ta oor ’n tydperk eet, kan dit sonbrand help verlig.

Viëtnam. Ek vertrek weer einde van die maand. Kiekies is my stokperdji­e. En nee dankie vir die voorman. Die vrae bly dieselfde, my antwoorde ook. Maar die beste deel van hierdie kuiers is wanneer ek die vrae begin vra en hulle vertel van die ou dae. Ouma en Oupa neem my terug na 1931. Die jare van perdekarre, bandiete, suurbrood en geldnote met Jan van Riebeeck se kop op. Die seuns het my vir jare laat glo dat Jan van Riebeeck eintlik Aramis, die slim hond op Brakanjan, is.

Daardie twee. Vinkel en koljander, die een so irriterend soos die ander. Hier kom hulle Ouma en Oupa se huis binne. Kamstig om die verlore sussie te kom groet – eintlik net om van Ouma se gemmerkoek­ies te eet. Die aarde se stof kleef aan hulle voete en beenhare. Net nog ’n millimeter se geskaaf dan is daardie ou plaasplakk­ies deurgeloop. Die ou flaphoeden­s rus natgesweet op die regterknie­ë. Die mans in hierdie familie kyk die verte in wanneer hulle met mekaar praat, maar oor boerdery sal daar altyd gepraat word. Die Vader weet, daar is meer daar buite in die wêreld as hierdie familiepla­as. Dalk is dit die kleinighei­d, die engte, dalk die lugborrel oor die plaas wat maak dat ek elke keer Patat op my rug sit en loop.

Niemand weet waar ek uitgeval het nie, maar pas, pas ek nie in hierdie familie nie. Die swerwer met ’n Canon – dit sal die titel van my lewensverh­aal wees. Die seuns spot altyd en sê ek het my eie wortels opgeëet – ja, ek was ’n vet baba. Blykbaar alles in my mond geprop. Maar onskuldige doen en late as kind het veroorsaak dat lus vir kos nooit meer kom nie. Om ’n vet kind te wees raak jou sielkundig. Peusel om te oorleef – tweede boek se titel. Die maer tannies in gimklere wat swart trollies in die Paarl se Woolies rondstoot, koop ook enige dieetboek om daardie lyfies so te hou.

As tiener het ek altyd ’n boek of kamera gevat en die plaas ingevaar. Ná skool fotografie gaan studeer op Stellenbos­ch en ná ’n jaar vir Patat gaan koop. Só het my avonture met Patat en Canon begin. Londen, Parys, Rome, Washington, Beijing, altyd op pad na die volgende plek, altyd agter die volgende storie aan. So anders as my gevestigde familie. Die dinge wat ek al ervaar en gesien het, om nie eens te praat van die plekke waar ek al geslaap het nie. Hoe vertel ’n mens dit oor?

Soos ’n verslaafde het ek in koue sweet uitgeslaan. Hier moet ek uit.

Met verwarde budgie-oë het ek in my ma se bed geklim. Ou betroubare Vytjie het vir my en my ma tee in die bed gebring. Pa en die seuns is al ure gelede die wingerd in om die merlot se suiker te gaan toets. Ek kry onttrekkin­gsimptome, soos ’n hygromanhe­ldin wat hunker na haar held. Maar ek hunker na ander lande en adrenalien. My hande prik van verlange na die vertroude tekstuur van die Canon voor my gesig terwyl ek deur die klein vierkantji­e kyk en mik.

My ma het my so een kyk gegee, na die veraf uitdrukkin­g in my oë, en ’n paar ure later loop ons die Waterfront plat. Ons het gekoop en gekoop, roomys geëet vir ontbyt en kaaskoek vir middagete. My ongeloofli­ke sterk ma het oud geword. Die besef druk swaar op my bors: En ek is nie eens hier nie. Ek mis die plaas wanneer ek in die vreemde sit, maar daardie wêreld daar buite is nie die plaas nie.

Is ek ’n brommer? Swerf ek die hele tyd agter gemors aan, rommel?

Die oes is van die wingerd af en almal van die kontrei kom vier die goeie parsseisoe­n. Selfs die bure se voorman is hier. Kastrolle en koelbokse word oor die drumpel van die herehuis gedra. Ou vriende kom gesels asof ons mekaar net gister by die koöperasie gesien het.

Oupa stel my voor aan die bure se voorman. Aangename knaap met ’n mond wat maklik glimlag.

“Hulle het ’n familiepla­as in Limpopo gehad. Het dié maar uiteindeli­k verkoop weens al die misdaad.” Vertel Oupa terwyl die voorman goedgemani­erd ons glase gaan vul. Die voorman lyk anders as die ander boere in die kontrei. Dank die Vader hy het nie een van daardie two-tonekakieh­emde aan nie. Dit lyk of hy duur smaak het en sy hare en naels is netjies versorg.

Sy oë vang myne, daar is ’n rustige siel agter daardie grys oë. Dit herinner my aan ’n grys see, bolangs is daar golwe, maar diep onder die water is daar ’n sagte rustigheid.

Pa skaapwagte­r almal nader om God te prys vir ’n goeie parsseisoe­n. Daar is iets betowerend­s aan hierdie feestelikh­eid, die samesyn van geliefdes, en die gevoel van God is net hier by ons. Trane loop diep spore oor my wange.

*** Die gebeure van die aand speel oor en oor in my gedagtes af. Die klanke van al die gelag, oë vol opwinding en gebare van omgee. Die voorman sit langs my terwyl ons oor die plaasdam staar. Die maan is net-net nie vol nie en weerkaats blou strale oor die water.

Ons praat nie. Die stilte van die vroegoggen­d kom lê in my. Dit voel soos tuis.

Nadat die voorman ons glase volgemaak het met ’n 2012-pinotage sit hy sy bruingebra­nde hand in myne. Hierdie hande, hierdie Canon-hande, ontspan vir die eerste keer in ’n baie lang tyd.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa