Sarie

PLETT SE MOOI

MAAK HUIS SKOON

-

Ons ken Plettenber­gbaai se Mungo Mill. Moderne ontwerpe wat deur plaaslike wewers op gerestoure­erde ou weefmasjie­ne gemaak word. Dekens, handdoeke, sarongs . . . Ná jare van beplanning het hulle langs hul vlagskipwi­nkel ’n nuwe tuiste, ontwerp deur landskapku­nstenaar en argitek Andrea Cristofore­tti. Dis ’n groot stuk mooi! Houtpanele om ’n wandelgang herinner aan ’n weefraam en die kurwes aan voue in materiaal. Gaan kyk en kuier – en koop iets en ondersteun die plaaslike gemeenskap. Vir meer: www.mungo.co.za

Meer as 1 000 besittings van Liza Minnelli, wat beroemd geword het vir haar Oscar-bekroonde rol as nagklubsan­geres Sally Bowles in Cabaret, gaan in Mei naby Los Angeles opgeveil word. Dit sluit in haar ikoniese swart bolhoedjie, stewels en halternek-top uit die fliek, en haar silwer 1971-Rolls-royce. In die versamelin­g is ook unieke memorabili­a van haar aktrise-ma, Judy Garland, en haar pa, regisseur Vincente Minnelli, soos Judy se groen boemelaar-hanswors-uitrusting wat sy vir ’n 1956-foto deur Richard Avedon gedra het. Liza het gesê sy wil haar lewe vereenvoud­ig en graag nou die dinge met haar aanhangers deel. Bron: The Guardian

PAJAMA-DRIL VIR PA

Op 47 het Jonathan Kaplan, bekende in internasio­nale rugbykring­e, twee besluite geneem wat sy lewe vir altyd sou verander: Hy’t totsiens gesê vir sy loopbaan as profession­ele skeidsregt­er. En besluit om enkelpa te word met behulp van ’n surrogaat. is sy verhaal, van die bevrugting­sproses tot pajamadril met klein Kaleb. Dit word beskryf as ontroerend, openhartig en baie snaaks. Joanne Jowell, met ’n paar topverkope­r-biografieë op haar kerfstok, is die skrywer.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa