Sarie

GEDULD ’N HOOFBESTAN­DDEEL

- Brenda Fourie, Barberton

Die “5 minute met Ciska Rossouw” (Ons hou van, November 2017) het my gedagtes teruggevoe­r na my skoonma se kombuis soos dit was gedurende die sewentiger­jare. Bak was haar lewe.

Eenkant was die inmaakfles waarin haar aartappels­uurdeeg-plantjie, knus toegedraai, gegroei het.

Spesiaal vir haar deur iemand gemaak, was haar ekstragroo­t broodpanne. Een sny was gelyk aan vier hedendaags­e snye brood! Rêrig!

Gaan ons kuier, was die brode al byna uit die oond, maar gelukkig was daar vir ons en die kinders heerlike vetkoeke van die oorskiet- brooddeeg, eetgereed in ’n emaljeskot­teltjie. Gou is dit oopgebreek en met tuisgemaak­te botter en gouestroop gevul. Salig!

Haar boerbeskui­t was legendarie­s, veerlig en baie gesog.

Nes vir Ciska, was een van die hoofbestan­ddele in haar voortrefli­ke bakwerk geduld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa