Sarie

’N HART WIL DIT HOOR

- Elsa Coetzee, Bloemfonte­in

Ek lees die slotrubrie­k in SARIE se Februarie 2018-uitgawe – Laaste sê deur Johan Vorster, en dit gryp my aan die hart. “’n Vrou wil dit hoor.”

So dikwels laat ons dinge ongesê. Woorde wat kan opbou en bemoedig en versterk. So dikwels sê ons dinge wat afbreek en seermaak. Nie altyd met slegte intensies nie, soms met die beste bedoelings. Maar as ons praat, is dit so dikwels verkeerd en as ons swyg, is dit ook so dikwels verkeerd.

Hoe mooi sal die lewe wees as ons woorde sag is en ons omgee opreg. Hoe sal verhouding­e blom as ons daarna streef om te verstaan, te vergewe, te versoen en ons eie self tweede te stel.

Wanneer gaan ons leer om oor grense heen na mekaar uit te reik? Om te leef soos ons geleer word deur die Een wat alles van menswees verstaan? Wees aan mekaar niks anders verskuldig as om mekaar lief te hê nie.

’n Vrou wil dit hoor. ’n Man wil dit hoor. ’n Kind wil dit hoor. ’n Hart wil dit hoor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa