MAAK ONS VER­KEERD REG MET KONSEKWENT?

Sarie - - Briewe -

Ons on­der­wy­sers het ’n ge­reed­skap­skis­sie. Ge­reed­skap wat moet ver­se­ker dat ons vol­was­se­nes die le­we in­stuur wat ’n ver­skil kan maak. Met hier­die waar­des en re­ëls kan ons konsekwent wees en dit is ons be­houd.

’n Prag­ti­ge mei­sie kom die og­gend na my toe ge­hard­loop. “Juf­frou, ek moet van­dag ’n pres­ta­sie­toe­ken­ning kry, maar ek het my na­els laat doen vir die Va­len­tyns­bal.”

On­der die moue van die trui kom die mooi­ste pienk na­els met blom­me­tjies en hart­jies te voor­skyn. “Ek wil so graag weer mooi lyk van­aand, Juf­frou. Ek be­lo­we dit sal mô­re reg wees.”

Dok­ter­ser­ti­fi­ka­te en siel­kun­di­ges se ver­slae flits by my ver­by. Dié blink­oog­kind voor my is nie die­self­de kind van twee jaar gelede nie. Sy wil weer mooi lyk!

Ek be­sef dit gaan oor meer as net die na­els. Was dit ge­na­de? Sou ek die ver­keerd met konsekwent reg­ge­maak het? In­kon­se­kwent, Ge­or­ge

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.