Sarie

EK PLUK DIE VRUGTE

-

Ons ou wêreldjie is darem baie klein. ’n Ruk terug word ’n wonderlike mandjie vrugte en luukse versnaperi­nge, wat ek myself nooit gun nie, by my afgelewer: heerlike, soet, perfekte perskes en duur sjokolade. Dis egter die liefde en bedagsaamh­eid daaragter wat ek die meeste waardeer.

Net nou die dag het ek ’n bejaarde raakgeloop. Terstond meld hy hy het ’n gevoel daar is iets “bekends” tussen ons. So gesels-gesels word alles vir

my duidelik – hy het my ouers goed geken. Hy meen my pa het hom die lewe in gehelp toe hy hulp dringend nodig gehad het en niemand hom wou help nie. Sy suksesverh­aal in die lewe wil hy eintlik aan my pa toedig.

Dit het vir my gewys dat as ons vir andere goed is in die lewe, maak ons eintlik ’n belegging. Hier pluk ek dan nou die vrugte van saadjies wat my pa met liefde en goeie bedoelings gesaai het – voor my geboorte nog! Belegging, Bloemfonte­in

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa