Sarie

DÍT LAAT MY DANS SÊ TRACEY

MY WERK

-

Vanjaar het ek met die gedagte gespeel om radio te los. My ouers, Theresa en Colin, het gesê: “Onthou net hoekom jy radio gekies het.” Ek werk met ander mense se stories, gee vir hulle ’n stem, die geleenthei­d om dit te deel. Ek praat nie oor myself op die lug nie. Wie gee om as iemand vanoggend voor my ingery het? Ander mense se inspireren­de stories, dís hoekom my program so goed doen.

MY OUERSIeman­d sê eendag my ouers se liefde is onvoorwaar­delik, daarom dat ek sonder enige veroordeli­ng na ander mense kyk. As ek ’n fout maak, sal my ma egter sê: “Jy’s groot, gaan maak reg.” Op skool het ek eendag ’n handboek by die huis vergeet en my ma gevra om ’n briefie vir die onderwyser te skryf. Ek’t nooit goed vergeet nie, ek was bietjie van ’n Sy het geweier. “Dis ’n fout, leer daaruit.”

Ek is altyd oop vir nuwes, maar het ook jare lange vriendskap­pe. Daar is vier van ons wat na aan mekaar is, almal besig. As ons mekaar die week nie gesien het nie, sal een bel: “Gaan gou saam SPAR toe om suurlemoen­e te koop.” Dan spring ons in haar kar, dis die snaaksste ding! Ry net winkel toe en terug. Ek ken dit nie, ek’s nie ’n winkelmens nie. Avu koop die kos, kook. Ek sorg net vir die skoonmaakm­iddels. [Sy’t ’n passie vir skoonmaak.]

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa