Sarie

As jong aktrise het ek gesukkel met die tipiese druk . . . is ek maer genoeg, mooi genoeg?

-

< Maar sy lyk beslis nie haar ouderdom nie. “Dis Willow wat my so jonk hou!” lag sy. “Dit voel ook nie soos soveel jare sedert Vetkoekpal­eis nie, ek voel nog jonk. Kinders hou jou jonk, en dié bedryf ook.”

Nes Boeboe het sy self baie verander deur die jare – moeilike gebeure deurgemaak, en ’n hele paar lesse geleer. “As jong aktrise het ek gesukkel met die tipiese druk wat elke akteur voel – is ek maer genoeg, mooi genoeg? Nou is ek oor dit. Ek is wie ek is.

“Ek is ook nie meer so vrygewig met my tyd nie. Ek antwoord nie my foon ná halfnege saans nie, want dis mý tyd met my kind. As jy jonk is, sal jy alles en enigiets doen. Nou voel ek nie meer asof ek iets moet bewys nie.”

Daar is wel een raakpunt tussen haar en Boeboe, sê Liane. “Ons is albei lief vir mans. Jy kry mos vroue wat mans haat, maar ek en Boeboe is nie so nie. Die mans wat ek al in my lewe gehad het, behalwe miskien een of twee, was regtig wonderlik. Mans is vir my fabulous. Ek sou ook nie myself ’n feminis noem nie. Vroueregte is belangrik, maar ek is nou nie iemand wat my bra gaan verbrand nie.”

Om weer in Boeboe se hoëhakskoe­ne te klim ná soveel jare was “soos fietsry”. “Dis nie iets wat jy verloor nie. Ek het haar ook ’n paar keer deur die jare by optredes voor gehore gespeel. En ek pas nog in daai kelnerin-rokkie, hoor!”

Maar hoewel die produksies­pan steeds vir mekaar “soos familie” is, is die lewe op stel deesdae tog anders – grootliks omdat die akteurs Zack du Plessis en Marga van Rooy, wat destyds Frikkadel en Ella gespeel het, intussen oorlede is. “Ek mis hulle. Dis ’n groot leemte. Hoe ouer jy raak, hoe meer bewus raak jy van die dood soos jy mense om jou verloor.”

Liane se ouers is ook intussen albei oorlede – net ’n paar jaar van mekaar. Eers is haar ma, Diane, ’n tuisteskep­per, in 2007 dood ná ’n jare lange stryd met asma, en toe twee jaar later haar pa, Theo, ’n dermatoloo­g, aan leukemie. “Dit was erg om hulle so kort ná mekaar te verloor, maar ek kan nou al sê gelukkig is ek daar deur – dis iets wat jy mos jou hele lewe lank vrees.”

Toe, in 2014, is haar tante Genée Bergs, destyds nasionale reklamebes­tuurder van die skoonheids­reus Estée Lauder, op 70 in haar huis in Johannesbu­rg vermoor. “Dit was verskrikli­k,” skud Liane haar kop. “Sy was vir my en my tweelingsu­s wat glad nie soos jy is nie. En dan sing ek ook, wat altyd my bui verbeter. As ek af voel, dan sing ek. Sommige mense draf, ander drink, ek sing.”

Sy het antidepres­sante begin drink ná haar tannie se dood, en doen steeds. “Ek is glad nie skaam daaroor nie. Ek dink nie enigiemand kan deur so iets kom, én werk, én ’n goeie ma wees daarsonder nie.”

Sy het einde verlede jaar van Pretoria na Johannesbu­rg verhuis en woon nou net meer as ’n kilometer van haar suster se huis. “Ek is so bly ek en Willow het getrek. Ons het ’n wonderlike ondersteun­ingsnetwer­k hier in Craighall. Genée se aangenome dogter, Brooklyn, is nou elf jaar oud en ons maak ons kinders so saam-saam groot. Ek en Genée is baie na aan mekaar; ek gaan nou nie ’n pyn voel as sy haar been stamp soos sommige identiese tweelinge nie, maar ons is baie lief vir mekaar.”

Die tweeling en hul ouer broer, Jan, ’n narkotiseu­r, het in Pretoria grootgewor­d. “Ons was maar ’n gewone middelklas­familie. Maar ek was ’n baie ongelukkig­e kind met ’n slegte humeur. Ek was oorgewig en in ’n baie snobisties­e skool, waar daar op jou neergekyk is as jy nie skatryk en maer is nie. Ek moes baie hard werk aan myself om my uitkyk op die lewe en my humeur te verbeter.”

Die Heyls is ook verlangs familie van Allan Heyl, die bekende bankrower en lid van die Stander-bende. “Ons het hom ’n paar keer in die tronk gaan besoek. My ouers het net altyd gepraat van hierdie swartskaap in die familie, en wanneer ons vir hom gaan kuier het, het ons vir niemand gesê nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa