Sarie

Dis die norm dat jy name genoem word

- KONTAK Dr. Karen van Niekerk: 012 460 4465, therapy@karenvanni­ekerk. co.za, www.karenvanni­ekerk.co.za

< ’n Dilemma ontstaan wanneer daar konflik is tussen jou sin vir geregtighe­id en jou drang om lojaal te wees. “Navorsing toon wanneer jou bewustheid van regverdigh­eid meer gewig as lojaliteit dra, is die kans beter dat jy sal opstaan. Is jou lojaliteit teenoor die mens/groep wat die wandade pleeg groter, raak die moontlikhe­id skraler,” sê dr. Van Niekerk. Dalk ’n verklaring waarom die Anc-kaders nie lankal hul stem dik gemaak het teen Zuma se duidelike vergrype nie. Dit kon skeuring in die party veroorsaak. En dís waar hul lojaliteit lê.

“Kulturele oortuiging­s speel ’n groot rol in hoe belangrik regverdigh­eid en lojaliteit geag word. In die Asiatiese en sommige Afrika-kulture is lojaliteit, die kollektiew­e ‘ behoorttot-’n-groep’, van kardinale belang. Die Westerse kultuur plaas meer klem op regverdigh­eid – dus die regte van die individu.” Volgens haar is mense wat op hulself staatmaak vir sekerheid en oortuiging (interne lokus van kontrole), meer geneig om kapsie teen onreg te maak. Hulle neem self verantwoor­delikheid vir hul optrede en blameer nie ander of omstandigh­ede as iets verkeerd is nie. Dit dryf hulle om ook ander verantwoor­delik te hou vir hul dade. “As ’n gemeenskap mense kan bemagtig met ’n beskouing waar regverdigh­eid en lojaliteit saamwerk, sal die wêreld ’n beter plek word.”

Nelson Mandela was ’n goeie voorbeeld van iemand wat met liefde, integritei­t en respek vir sy medemens opgestaan het vir dit waarin hy glo, sê sy.

“No one is born hating another person because of the colour of his skin, or his background, or his religion. People must learn to hate, and if they can learn to hate, they can be taught to love, for love comes more naturally to the human heart than its opposite.” – Madiba

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa