Sarie

RESENSIES

- Phyllis Green Phyllis Green

Hierdie aangrypend­e verhaal gaan oor die tienjarige Mentje de Vries, ’n Nederlands­e oorlogswes­ie wat ’n veilige hawe gekry het by die geheime PasOpkamp waar 120 Jode weggekruip het. Toe die Duitsers die kamp bedreig, vlug Mentje na familie in Arnhem, waar sy nie welkom is nie. Dis roerend om te lees hoe sy probeer inpas en hoe hard sy werk om kos op die tafel te kry wanneer haar tante emosioneel te swak raak.

Tydens die rampspoedi­ge slag van Arnhem help Mentje om ’n SA valskermso­ldaat, Tinus van Jaarsveld, te red. Hul lewenspaai­e raak verstrenge­l en ná die oorlog laat Tinus vir Mentje na Suid-afrika kom omdat sy geen ander heenkome het nie.

Geloofwaar­dige karakters, grondige navorsing wat naatloos ingevleg word en ’n boeiende storie maak Irma Joubert se boek ’n wenner!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa