Sarie

Slim WENKE VAN MY NAASTES

Die beste skoonheids­raad kom dikwels van mense wat jy ken. Bekendes, kenners en Sarie-lesers deel hul familie en vriende se slim mooilykwen­ke

- By www.takealot.com en www.loot.co.za

SKOONHEIDS­KRYWER EN STIGTER VAN DIE SKOONHEIDS­BLOG

Pasop vir die son! My ma, Nellie, is op 85 ’n toonbeeld van toegewyde selfversor­ging en ’n vaste skoonheids­roetine. Haar vel is steeds byna plooiloos en vlekkeloos. Sy het van kindsbeen af die son vermy en dit wys.

My slaafse sonaanbidd­ing as tiener en universite­itstudent het haar met afgryse vervul. Vandag is ek spyt ek het nie eerder vir haar begin luister nie. Ek het tot my vroeë dertigs nog steeds gereeld in die son gelê, maar darem my gesig met ’n hoed en sonskerm begin beskerm. My vel gaan nooit so goed soos my ma s’n lyk op haar ouderdom nie, maar ek kry darem gereeld kompliment­e. So ek hoop maar ek het betyds van my sondige weë afgesien. Nou is ek neuroties oor die >

< son. Ek dra ’n sonhoed, groot sonbril en goeie sonskerm as ek my neus by die deur uitsteek. Maar ek let al hoe meer sonvlekke op my bene en voorarms op, wat ongetwyfel­d die resultaat is van daardie ure in die son. Beste skoonheids­raad wat jy al aan vriendinne gegee het? Omdat die meeste van hulle ouer as 50 is, háát hulle die verlies aan fermheid. Alles mik suid en word pap, veral by die kakebeenly­n, nek en halslyn. Ook plooie, pigmentasi­e, droë vel en vergrote porieë is ’n probleem. My raad is om gereeld ’n behoorlike gesigbehan­deling in te pas. Dit lewer langtermyn-resultate. Ek sweer by my terapeut Colleen Serebro van Beauty Profession­als in Victory Park, Johannesbu­rg. Sy kan toor met ’n tam vel.

En gebruik olie van kop tot tone. My voete, naelvellet­jies en lyf hou ek sag en soepel met lyfolies, en ek verdrink my gesig en hare in fyn, kosbare olies. Onthou net altyd om nie jou hare nat te maak voor jy dit uitwas nie. Wend die sjampoe direk op jou ge-oliede hare aan en voeg water dan drupsgewys by. Anders gaan jy nooit daardie olie uitkry nie!

DANIËLLA VAN HEERDEN,

TVNUUSVERS­LAGGEWER EN -NUUSLESER

TRIX VIVIER,

AKTRISE My ma het nog altyd gesê sy glo in gesonde, natuurlike en ongekleurd­e hare en dat jy ver weg moet bly van hittetoest­elle. Ek het dié raad ernstig opgeneem en tot vandag toe nog nooit my hare gekleur nie. Uiteraard word my hare by die werk met hitte gestileer om my te transforme­er in die karakters wat ek vertolk. Maar wanneer ek nie op stel is nie, laat ek my hare natuurlik droog word. Tussen kontrakte gebruik ek twee keer ’n week ’n haarmasker of -olie en ek laat sny my punte elke drie maande.

My suster, Meije, studeer tans medies en haar mees onlangse raad is só waardevol dat ek voel álmal moet dit weet: Moenie puisies en swartkoppi­es uitdruk nie en moenie heeltyd met jou hande aan jou gesig vat nie. Die bakterieë op jou hande versprei as jy aan knoppies druk en veroorsaak net meer velproblem­e. Jy kan ook merke veroorsaak wat eers ná weke gesond word. Ek stoom nou my gesig drie keer ’n week en gebruik organiese velsorgpro­dukte. Ek het ’n jaar laas ’n puisie beetgekry en kry nou verrassend min veluitslae. Beste skoonheids­raad wat jy al aan vriendinne gegee het? Ek volg ’n holistiese benadering: Wat jy eet, hoeveel jy oefen (ek doen vyf keer ’n week joga as ek nie op stel is nie), wanneer en hoe jy ontspan en jou persoonlik­e en profession­ele verhouding­s het alles ’n uitwerking op jou vel, hare,

naels en lyf.

SONETTE DONKER,

VELSORGKEN­NER EN EIENAAR VAN DIE ESTETIESE KLINIEK SKIN ID IN JOHANNESBU­RG Beste skoonheids­raad wat jy al aan vriendinne gegee het? Hulle kla veral oor plooie, puisies en ’n droë vel. As jy ’n puisie of veluitslag ( break-out) kry, is my raad om jou gesig te was en dan ’n blokkie ys in klein sirkelbewe­gings oor die puisie te vee totdat die ys gesmelt het. Doen dit ’n paar dae lank en sien hoe die puisie opklaar.

Varssitrus­geure, skoon, minimalist­iese verpakking­s en advertensi­eveldtogte wat dieselfde produk aan mans én vroue bemark, wys dat die grense tussen skoonheids­produkte wat net vir een geslag ontwikkel is, besig is om te vervaag. Hoewel die verskuiwin­g nog nuut is, meen Nicola Cooper, tendensken­ner van Johannesbu­rg, dat handelsmer­ke al hoe meer hieraan gaan begin aandag gee. “Vir die moderne verbruiker speel geslag net nie meer so ’n groot rol in hul keuse van produkte nie,” sê sy.

En hoekom twee koop as jy kan deel? Onlangse navorsing deur ’n Britse skoonheids­handelsmer­k, Natural Spa Factory, het bevind dat 30% van Britse paartjies gereeld velsorg- en lyfprodukt­e deel. Volgens die internasio­nale navorsings­maatskappy Mintel is dit ’n tendens wat veral gesien word in lande waar daar ekonomiese onsekerhei­d is. Verbruiker­s hou ook van gemak en dit help om die keuse tussen die verskillen­de skoonheids­produkte ’n bietjie makliker te maak, sê Nandi Mgobozi, hoof van skoonheids­handelsmer­ke by Clicks.

Of jy met die man in jou lewe wil deel, of sommer met die hele gesin . . . hiér is ons top-keuses en -wenke vir ’n goedkoper skoonheids­roetine.

3Haarsorgp­rodukte

As jy sjampoe en opknapper met jou maat deel, maak seker dit is gepas vir albei se haartekstu­ur. Haarsorgpr­odukte wat gemaak is om fyn hare volume te gee, kan bv. growwe, krullerige hare uitdroog en kroeserigh­eid veroorsaak, en andersom.

SoeteAANLO­KLIKHEID

Dié geur is vol vrugte en blomme, en daarby ’n unieke geurnoot – stroopsoet heuningkoe­k. Warm, smeulende reuke soos vanielje, muskus en sederhout maak DKNY Nectar Love (R1 395 vir 100 ml EDP) ook ’n lieflike geur vir die kouer maande.

The Beauty Chef,

oftewel Australiër Carla Oates, op Instagram ontdek. Sy fokus veral op die invloed van dermgesond­heid op jou uiterlike skoonheid en gee graag raad oor hoe om die mikroflora in jou maag gesond te hou. Ná ’n paar dae se rondkyk op haar blad het ek summier haar kookboek, The Beauty Chef: Delicious Food for Radiant Skin, Gut Health and Wellbeing bestel. Dis vol brokkies nuttige inligting en interessan­te kosresepte – ’n moet-hê vir enigeen wat oortuig is skoonheid kom van binne én buite.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa