Sarie

Chantelle van der Merwe, SWEETIE Pies Hannelie Myburgh,

- (bl. 92)

DESPATCH

Sherbet laat my dink aan die hoekwinkel om die draai van die huis. Dit het jou tong so rooi gemaak en natuurlik jou vingers. Party het so ’n skietgelui­d gemaak waarvan jy nie genoeg kon kry nie . . .

BLOEMFONTE­IN

As kind het my ouers ’n kafee gehad. Op ’n mooi dag het ’n rep omgekom met splinternu­we marshmallo­ws met geroosterd­e klapper om. Dis tot vandag vir my hemels . . . as ’n marshmallo­w hom so dikbek opblaas van hitte, kan ek dit nie weerstaan nie . . .

genoeg vir 14

14 sosatiesto­kkies 14 rooi appels 500 g suiker 100 g glukosepoe­ier (kyk by apteek) 125 ml water 30 g botter 10 ml rooi koskleurse­l 200 g-sak karamelspr­ingmielies

Steek ’n sosatiesto­kkie stewig in elke appel. Plaas suiker, glukose en water in ’n middelslag-pot. Roer oor lae hitte tot suiker opgelos het. Bring tot kookpunt en laat vinnig kook tot die stroop se temperatuu­r 150 °C op ’n suikerterm­ometer meet, sowat 8-10 minute (sien wenk). Voeg botter en koskleurse­l by en meng in met ’n houtlepel. Doop elke appel versigtig in warm stroop deur die stokkie as handvatsel te gebruik. Laat ekstra stroop afloop en rol in springmiel­ies. Plaas op bakpapier wat met kleefweren­de kossproei gespuit is. Laat afkoel tot hard.

Jy kan dit ook só toets: Laat val ná 8 minute ’n klein druppel stroop in yswater. As dit ’n harde balletjie vorm wat soos glas lyk, is dit reg

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa