Sarie

KRY JOU NUWE SARIE KOS

Elke huis vertel ’n storie . . . Dié een sê welkom; praat van kuier en behoort. En fluister omgee en harte wat saamklop

-

Zirk,’n argitek (www.zirkkay.co.za), en Charné Kay het 10 jaar gelede hul huis in ’n boomryke, stil sekerheids­kompleks in Durbanvill­e kom bou. Albei wou ’n leefhuis hê waar hul drie seuns sorgeloos kon speel en jy maar met jou voete op die koffietafe­l kan sit. Hulle onthaal baie en graag, daarom is die woonkamer, kombuis en eetkamer een groot vertrek met wye skuifdeure wat op ’n diep stoep oopmaak. Zirk het die huismure ’n paar bakstene hoër laat bou sodat ’n tussenvloe­r ( mezzanine) op die garage se dak ’n Tv/speelkamer kon huisves en die dakspasie ’n kantoor vir hom kan wees (sien foto regs bo).

KUIERHUIS

Die plafon en dakkappe is wit geverf om die gevoel van ruimte te skep. Hier is die tussenvloe­r met die Tv/speelkamer sigbaar en die loopplank wat na Zirk se kantoor in die hoek lei. Aardse kleure is gebruik, met helderkleu­rige kussings (geel kussings van Skinny laminx, sowat R335 per sloop). Die takbok-prent bo die kaggel het hulle self gemaak en weerspieël hul gesin se waardes (elke klein simbool beteken iets). Buiten die bank wat nuut gekoop is, het Zirk die meubels self gemaak of dis tweedehand­s gekoop. Hier lees Charné vir klein Daniel (1) ’n storie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa