Sarie

WENK As jou kombuis-begroting knap is, kies oop rakke en los eenhede as ’n meer bekostigba­re opsie.

-

HARTKLOP-KOMBUIS

Al die kaste in die kombuis het Zirk self gemaak. Dennehout en Supawood is deurgaans gebruik en Charné het gehelp om dit wit te verf. Die werkvlak is van wit Amerikaans­e eikehout. Alles is op wiele, selfs die kookeiland, en die oop rakke gee ’n warm, huislike gevoel. Die kombuis is vir hulle die hartklop van die huis. Dis hier waar die gesin bymekaarko­m, en as deel van die woon- en eetkamer word hier ook groot onthaal. Klein Daniel en die middelkind, Samuel (3), kom geniet gou ’n versnaperi­ng.

DIE ETENSTAFEL

Die tafel was eers wit geverf. Zirk het dit ’n vinnige skuur gegee sodat van die verf nog sigbaar is. Toe is dit met sterk teewater gewas om die houtkleur uit te bring. Die volgende dag het hy die tafel geskuur met staalwol wat oornag met wit asyn deurdrenk is.

GESELLIG GEDEK

Aan ’n mooi gedekte tafel en oor heerlike kos (Charné is ’n opgeleide voedselwet­enskaplike) word nie net planne gemaak oor hoe om die gemeenskap by liefdadigh­eid betrokke te kry nie, dit word ook opgevolg en uitgevoer. Hul organisasi­e sonder winsoogmer­k 4Hope het al onder meer ’n bewaarskoo­l in Khayelitsh­a gebou.

Lees meer oor hul organisasi­e by www.4hope.org.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa