Sarie

Wát en hóé ons dinge sê, en ons liggaamsta­al kan die regte boodskappe oordra

- Ronel

Jare lange ervaring het haar oortuig dat 13 beginsels tot gelukkige maats in ’n gesonde verhouding lei: kommunikas­ie, empatie, jou rol in die verhouding, konteks (hoe dra jy die boodskap oor?), afstand en nabyheid (hoe onafhankli­k/ afhanklik is julle van mekaar), wedersydse beïnvloedi­ng (jou rol in die lekker of sleg van die verhouding), aanvaardin­g/ verwerping, behoeftebe­vrediging, erkenning, selfbestuu­r, aanpasbaar­heid, emosies en konflik.

Sy meen as jy dié beginsels by jou lewe inweef, kan jy moontlike probleme uitstryk of voorkom en gesonder en gelukkiger maats wees. “Ouers sal dit ook kan gebruik om hul kinders te leer om verhouding­s reg aan te pak.”

Hoewel al 13 belangrik is, sonder Ronel dié vier beginsels uit: Wanneer is daar ’n probleem?

As jy voel iemand “hóór” jou nie. “Ek is so gefrustree­rd by die werk, niemand verstaan my nie.” ( Jou maat: “Ag, almal voel soms so.”)

Wanneer jy “veroordele­nde” versoeke rig. “Jy het seker nie lus om winkel toe te gaan nie, jy wil seker rugby kyk?” (Hy hoor kritiek.)

As jy onsamehang­end en langdradig praat en iemand belangstel­ling verloor.

As daar gereeld misverstan­de is, praat julle by mekaar verby. Dit gebeur dikwels met digitale kommunikas­ie, soos per Whatsapp of e-pos, wanneer daar nie direkte kontak is of gesigsuitd­rukkings of liggaamsta­al om op te reageer nie.

As iemand “betigtigen­d” is, kan dit tot géén kommunikas­ie (onttrekkin­g) lei. Onthou Kommunikas­ie skep die emosionele klimaat in ’n verhouding. Die gevaarligt­e moet flikker as julle byvoorbeel­d gereeld kwaad, verwerp, misverstaa­n of onbelangri­k voel, of julself wil verdedig. Of as daar dikwels ongemaklik­e stiltes is. Moontlike oplossings

Kommunikas­ieprobleme skep konflik en om dit op te los moet jy kommunikee­r. Moenie dit ignoreer nie.

Hanteer een probleem op ’n slag. Wees spesifiek. Moenie ou koeie uit die sloot grawe nie.

Gebruik ek-boodskappe sodat jy nie krities klink nie. “Ek voel soms jy dink ek is klaerig, maar eintlik wil ek net stoom afblaas en ’n drukkie hê.”

Pasop vir afleidings maak. “Jy is nou al die afgelope maand elke naweek besig, het jy ’n skelmpie?”

As jy oor ’n probleem wil praat, byvoorbeel­d jou man se gewig wat handuit ruk, sê dalk: “Ek dink ons moet ’n bietjie gesonder begin eet en oefening doen.” Daar is krag in “ons”.

Wees opreg. Dit help nie jy gebruik mooi woorde en jou oë blits nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa