Sarie

Ek wou gesond wees. En mooi vir my poet

-

< Later trek ek voor die spieël in die babakamer uit. Ek kyk en kyk. Gaan stort, skeer my beenhare die eerste keer in weke, haal die pers pasjmina uit waarmee ek altyd die rolle onder my T-hemde toegooi. Ek sit musiek aan, skink nog rooiwyn en begin stadig dans.

Ek word wakker met ’n droë mond en ’n SMS op my foon: ‘Jy’s beautiful.’ Dit het ’n permanente pyn onder my naeltjie en die mooi woordjies van ’n bedrieër gekos om alles te verander. Ek was mooi vir iemand en ek moes by ’n dokter kom. Ná baie toetse en hospitale is ek gediagnose­er as gluteninto­lerant, met Candida albicans en oor die algemeen-teslim-vir-myself. En natuurlik erg oorgewig. Ek wou gesond wees. En mooi vir my poet.

My passie vir die plaasberge maak die aantrek van my stapskoene maklik, laat my hyg tot op die boonste punt. Dieselfde berg wat ek minder as tien jaar gelede nog kon uitdraf. Môreoggend maak ek weer so . . . en weer. Sy troetelnaa­m vir my is ‘Beautiful’. Vier jaar lank is ek ligter en ligter elke keer dat ek op die skaal klim. Ek sien my deur sy oë en wil vir hom beter en mooier en maerder wees. ’n Minioorwin­ning is die eerste keer toe Donna-claire niks meer het wat pas nie. ( Vandag nog loop ek middelving­er in die lug daar verby.) Tot hy sê ons sal nooit saam kan wees nie. My poet is weg uit my lewe; my lyf en ek is alleen. Stukkend, brand die honger weer. Introspeks­ie met ’n tandeborse­l is my voorland. Ek bel my heks en sê ek het vier jaar lank opge- slip. Sy sê sy hoop die seks was magies, gaan spieël toe en soek mooi. Die eerste paar keer is my oë vol skuldgevoe­l en ek moet deurdruk. ‘Beautiful’ staar na haarself en huil die woorde ‘ek het jou lief, ek het jou lief, ek het jou lief ’ oor en oor tot sy dit glo. Dis rou en vals en soms kan ek eenkant staan en kyk hoe sy vir haarself lieg soos ’n lover wat nooit van plan was om sy lewe met haar te deel nie.

‘Get yourself a physical reminder – a bracelet,’ leer my heks my. Ek was nog nooit een vir juwele nie, want groot, blink goed hoort aan Kersbome. Een oggend in ’n winkelsent­rum kry ek ’n tatoe: Álainn – beautiful in Iers – op my pols, ’n konstante herinnerin­g om te soek na die mooi. Na Beautiful, die vrou wat ek lankal vir myself moes gewees het. My honger is stiller. Tog, tot vandag toe as iets my ontstel, kan ek voel hoe my maag instinktie­f begin brand, hoe ek outomaties begin kwyl terwyl ek na ’n boks glutenvrye choc chip- koekies reik.

Nou weet ek egter: Soms, as jy liefhet, sê jy nee.

* Tillia is ook die logistieke bestuurder van die avontuurst­apgroep Silent Steps. Kontak Anette by 082 903 5445 of anette@silensteps.co.za, of besoek www.silentstep­s.co.za en www.facebook.com/silentstep­ssa/

MEER VIS

Omega 3-vetsure, of dit nou van vetterige vis of aanvulling­s afkomstig is, het anti-inflammato­riese eienskappe. Dit is goed vir algemene gesondheid asook seisoenale allergieë. In ’n Japanse studie is bevind veral omega 3’s in salm, makriel en sardientji­es help die kriewel in jou oë en neus stuit. * Uit die gedig “Vroegherfs” van N.P. van Wyk Louw cookinglig­ht.com, healthline.com, webmd.com

MINDER DRUIWEVOGG­IES

Gefermente­erde alkoholies­e drankies (bier, wyn, vonkelwyn) bevat natuurlike histamien, ’n sneller vir allergiese simptome soos nies en ’n toe en loperige neus. Wyn en bier bevat boonop sulfate wat allergiese simptome by sommige mense kan veroorsaak. Vroue is skynbaar meer sensitief vir ’n alkoholver­wante gesnuif, volgens ’n Sweedse studie.

ZORBA SE DIEET

Kinders op die Griekse eiland Kreta, waar die inwoners ’n Mediterree­nse dieet volg, is 65% minder geneig om allergiese rhinitis (hooikoors) te kry, wys navorsing. Dis hoog in antiinflam­matoriese en antioksida­ntryke kosse soos vis, neute, sade, vrugte en groente. Anders as ons tipiese Westerse dieet, is dit ook laer in omega 6-vetsure gekry in groente-olies en margarien.

VERGEET VAN HEUNING

Dis ’n bekende raat, maar daar’s min bewyse dat dit help om hooikoors te beveg. Rou heuning bevat stuifmeel en om dit te eet kan jou teoreties help om weerstand daarteen op te bou. Maar die hoeveelhei­d stuifmeel wat jy inkry, is waarskynli­k bitter min. Die heuning moet boonop rou (onverwerk) wees en plaaslik geoes word om te werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa