Sarie

Selfs die manier hoe ons liggaam op oefening reageer, verskil

- Dr. Yael Joffe, nutrigenom­ika-kenner

vitamien B-kompleks, omega 3 of folaat – kán dit met spesifieke koskeuses reggestel word. Soos deur die gebruik van spesifieke resepte om bepaalde kosse, kruie en speserye by jou dieet te voeg. Aanvulling­s kan ook meer doelmatig voorgeskry­f word.

Onlangs het ’n resepteboe­k, Genes to Plate: Nutrition Made Personal* deur onder andere dr. Yael Joffe (Impact Clinics, 2017), verskyn. Die eerste in sy soort in Suider-afrika, met juis dít ten doel. Ons weet vandag jou genetiese samestelli­ng is allermins ’n stel vaste kaarte wat aan jou uitgedeel word, sê dr. Joffe, nutri-genomika-kenner van Impact Clinics wat onder meer genetiese interpreta­sie doen. Maar dat ons die inligting kan gebruik wat in ons gene gekodeer is. En só die beste kan put uit jou genetiese en gesondheid­spotensiaa­l. Mariza verduideli­k: “Die wetenskapl­ike inligting – byvoorbeel­d dat iemand ’n verhoogde behoefte aan folaat het – het net waarde as die nodige gedoen word om die uitdrukkin­g van die gene te ‘manipuleer’. Dit kan byvoorbeel­d behels dat een mens heelwat meer spinasie of broccoli of sardiens moet eet. Jou genetiese behoeftes word dus ‘ vertaal’ in ’n doenbare eet-strategie.” Mense met bepaalde genetiese variasies kan, deur spesifieke dieetaanpa­ssings te maak, hul risiko vir onder meer insulienwe­erstandigh­eid, diabetes, hartsiekte en selfs kanker, osteoporos­e en depressie verminder: deur te let op jou inname van bepaalde voedingsto­wwe, hetsy koolhidrat­e, of vet, of genoeg vitamien C, ensovoorts. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa