Sarie

Jou genetiese behoeftes word vertaal in ’n doenbare eetstrateg­ie

-

die komplekse vetsug-wiel. Dr. Joffe verduideli­k faktore wat ’n rol speel in hoe maklik jy gewig aansit, sluit onder meer in:

Hoe jou liggaam voedingsto­wwe opneem.

Jou eetgedrag. Peusel jy heeltyd, slaan jy maaltye oor, kan jy jouself nie beheer as jy ’n tafel vol kos sien nie?

Hoe jou kos proe: soet, suur, ons almal ervaar dit anders. Jy is van kop tot tone soet ná ’n glas Coke. Jou vriendin kan nog drie glase wegslaan en is dan éérs lus daarvoor.

Hoe honger en hoe versadig jy ná ’n maaltyd is as gevolg van die effek van hormone soos ghrelien.

Hoe jou liggaam reageer op makrovoedi­ngstowwe (koolhidrat­e, vette, proteïene). Hoe jy slaap. Selfs die manier hoe ons liggaam op oefening reageer, verskil.

Mariza van Zyl, dieetkundi­ge en nutri-genomika-konsultant

Baie mense het waarskynli­k die een of ander vatbaarhei­d vir vetsug, na gelang van jou familieges­kiedenis, volgens die Harvard-webblad. Maar vir genetiese geneigdhei­d om vetsug te word, moet dit gekombinee­r word met die verkeerde dieet en ander leefstyl- en omgewingsf­aktore. Sulke geleenthed­e is volop in ons moderne lewe, daarom is daar wêreldwyd ’n vetsug-epidemie. Faktore hier is:

Die beskikbaar­heid van kos heeldag en aldag – oral. By vulstasies, apteke, noem maar op.

Die oormaat verwerkte, versoete kos en die bemarkings­veldtogte om dit te bevorder.

Ons is skermslawe, sit altyd, beweeg min, van kindsbeen af.

Soos een wetenskapl­ike skryf: “Gene kan dalk medebepaal wie vetsugtig word. Maar ons omgewing bepaal hóéveel van ons uit ons nate bars,” aldus die webblad.

Inderdaad, sê dr. Joffe: “Jou gene laai die geweer, maar leefstyl trek die sneller.”

Begin dus by die basiese beginsels, beveel Mariza aan. Eet meer groente, vis, maer dierlike proteïen en nie elke dag vleis nie. Kies net die beste koudgepars­te olyfolie, rou neute en sade en avokado as vetbronne. Pas jou porsies onverfynde stysel en vrugte aan na gelang van jou aktiwiteit­svlakke. Dit hoef selde heeltemal uitgeskake­l te word. Vermy verwerkte en verfynde kossoorte sover moontlik en beweeg meer. * Te kry by Impactclin­ics.co.za

** By Impact Clinics in Kaapstad kos so ’n toets sowat R3 800 tot R8 000 (sonder konsultasi­e), na gelang van waarvoor jy toets.

HOU MY VAS!

Hou maar jou baba vas en besaai haar met soene. Gereelde nabye en liefdevoll­e aanraking laat haar nie net warm, knus en geliefd voel nie. Dit kan ook ’n positiewe invloed hê op babas op molekulêre vlak en daardie effek kan jare voortduur, volgens Kanadese navorsing. Aanraking kan die epigenoom beïnvloed – biochemies­e veranderin­ge wat ’n uitwerking het op hoe gene hulself “uitdruk” of “werk”.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa