Na­ta­ni­ël sê . . .

Sarie - - Inhoud -

Ek is tans in Frank­ryk vir ’n paar we­ke. Hier waar ek op die vyfde ver­die­ping bly, kan ek van­uit die sit­ka­mer tien­tal­le dak­kies en hon­der­de ven­sters sien. Bin­ne loop­af­stand, min­der as vyf mi­nu­te se loop, is ses blom­me­win­kels, dit weet ek al vir ja­re, daar is ook vier bak­ke­rye, drie groen­te­mark­te en ses meu­bel­win­kels bin­ne die­self­de af­stand. Maar hier­die week het ek ander win­kels begin tel, dié wat soet­goed ver­koop. Dis tien mi­nu­te se stap na die stads­plein en el­ke dag – met of son­der ’n doel – ge­bruik ek die­self­de roe­te daar­heen en ’n ander, lan­ger roe­te te­rug. Dis 25 mi­nu­te te voet. En dis ver­by een-en-veer­tig (41!) kuns­ti­ge, u­nie­ke, his­to­rie­se, suk­ses­vol­le, on­weer­staan­ba­re klein be­sig­he­de wat al de­ka­des ’n be­staan maak uit die Fran­se se lief­de vir soet­goed.

El­ke sjef spe­si­a­li­seer in iets an­ders, sjo­ko­la­de, me­rin­gue, fyn­ge­bak, groot­ge­bak, klein­koe­kies, mi­ni­a­tuur­poe­dings, ma­ca­rons, ga­let­tes, hand­tert­jies, crois­sants met vul­sels, crê­pes, pof­fer­tjies, sta­pel­tjies, bal­le­tjies in pa­pier, mous­se met reg­te goud, jel­lies met kroon­tjies, al­les eet­ba­re kuns­wer­ke. En el­ke dag stap ek ie­wers in. En el­ke dag eet ek iets uit hier­die tem­pels van sui­ker. En ek leef nog.

Sui­ker is nou die groot vy­and, dit hoor ons, lees ons en sien ons op straat. En sui­ker is o­rals, dit spook en go­ël en ver­skyn on­der ver­skil­len­de na­me, dit kruip weg in ver­pak­kings en bot­tels en ge­reg­te waar dit nie hoort nie, dit be­kruip ons uit al­le rig­tings en ons het geen weer­stand. (Daar is die­ge­ne wat nie van soet­goed hou nie, hoof­saak­lik ro­kers en in­wo­ners van Mars, maar hier­die ge­skrif is vir my me­de­ly­ers, ons wat hou van koek en poe­ding en sjo­ko­la­de en die ge­paard­gaan­de ri­tu­e­le en tra­di­sies en ’n vol­le maal­tyd sal prys­gee vir ’n sny tert.)

Sui­ker laat kos lan­ger hou, dit laat kos be­ter smaak, dit laat al­ler­han­de goed in ons brei­ne en ly­we ge­beur wat ons na nóg kos laat smag, dit is o­rals. In sou­se, blat­jangs, kon­fy­te en ma­ri­na­des slui­mer die sui­ker, daar­van is ons wel be­wus. Maar dis nou ver­skuil en ver­mom in vleis­ge­reg­te, groen­te­dis­se, bre­dies, brood, kraak­be­skuit­jies, kor­se en dinge wat nie as soet­goed be­kend staan nie. ’n Vol­was­se vrou kan on­ge­veer ses tee­le­pels sui­ker per dag han­teer voor­dat dinge be­hoor­lik begin skeef­loop, ’n man het ge­na­de tot by sy ne­ën­de tee­le­pel, maar om­dat geen­een be­sef dat hy reeds sy sui­ker­kwo­ta be­reik het lank voor­dat hy uit­reik na die poe­ding­bak, loop dinge le­lik skeef. Hoe­kom is daar dan nog men­se in Frank­ryk oor? En hoe­kom is hul­le ma­er? Twee fei­te: Hul­le kook meest­al self. (Boon­op koop hul­le or­ga­nies en vars, geen mon­ster kom steek sui­ker weg waar dit nie hoort nie.) En hul­le por­sies is klein. (Hul­le glo teen die der­de hap is dit ge­woon­te, jy proe niks.)

Wat gaan óns doen? Ons moet al daai bak­kies voor­af­ge­maak­te, ge­mak­li­ke, “ge­son­de­ri­ge” ge­reg­te om­draai en die waar­heid lees. Vind die sui­ker on­der een van sy skuil­na­me. Ons moet self kook, kos­pak­kies werk toe vat, moe­nie dat ’n de­li-brood­jie jou ver­lei met sy krop­slaai nie, die son­de lê veel die­per. Voor jy ’n koe­kie hap, sit eers die res weg. Moe­nie aan­sit by ’n ta­fel met bak­ke kos in die mid­del nie, só ’n ta­fel het al ge­slag­te ver­moor. En lig die glas ver­sig­tig: sap, koel­drank, al­ko­hol, al­les is be­laai met sui­ker.

Daar is men­se wat soet­goed kan eet son­der kom­mer of ge­vol­ge, hul­le is feë, lig­te we­sens vol e­le­gan­sie, ge­hei­me en ge­luk. Hul­le in­spi­reer en ver­stom. Hul­le is die be­sker­mers van weel­de. Die res van ons moet ly tot die dag dat ons waar­he­de aan­vaar, ken­nis aan­hang en lui­heid op­of­fer.

Ek het lank ge­suk­kel met my ge­wig, my­self kas­ty, raad gevra, hulp ge­soek, geen suk­ses. Uit­ein­de­lik het ek op­hou drink, my ak­ti­wi­tei­te ver­meer­der en my por­sies ver­min­der. Met don­ker­sjo­ko­la­de, vrug­te, neu­te, ka­neel en va­niel­je word ek el­ke dag slim­mer. Die sui­ker sal gaan, die soet sal bly, die ple­sier is ge­wel­dig, die smaak mee­voe­rend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.