Sarie

Boeboe toe ’n vurige brunet!

Boeboe & Liane soos dag en nag As Vetkoekpal­eis en Ouboet & Wors se Boeboe is die aktrise Liane Heyl ’n borrelende blondine. In die regte lewe, ’n vurige brunet. Hulle kan nie méér verskil nie

- DEUR DELIA DU TOIT FOTO’S PHYLLIS GREEN STILERING FANIE CRONJÉ

Wys jou net, moet nooit toelaat dat iemand vir jou sê jy kan nie iets doen nie

Liane

haar bruin hare in ’n netjiese bolla vasgebind, kan jy nie glo dis Vetkoekpal­eis se Boeboe wat voor jou sit nie. Wanneer die aktrise Liane Heyl in haar stoel inskuif, is daar nie ’n sweempie van die dramatiese mannerisme­s, die hoë stem en die giggels van haar Tv-karakter waarvoor sy so bekend geword het nie.

Anders as die loskop-kelnerin wat sy in Vetkoekpal­eis gespeel het, is Liane ’n “totale beheervraa­t”, sê sy sommer met die intrapslag. Haar huishulp was laat die oggend, verduideli­k sy, en dit het byna haar hele dag deurmekaar­gekrap.

“Ek het my dag presiés beplan gehad. As enkelmamma kan jy nie anders nie!”

Liane is deesdae weer as Boeboe te sien, dié keer in die reeks Ouboet & Wors, wat sedert Oktober verlede jaar op kyknet wys – en nou vir nog twee seisoene hernu is.

Boeboe, sê Liane, is steeds net so ’n bimbo, steeds met die blonde krulle (’n pruik van regte menshare, verduideli­k sy), maar nou is sy die eienaar van ’n skoonheids­alon, Beauty by Boeboe. “Sy is intussen al drie keer getroud en geskei, en het ’n dogter, Dakota, wat in matriek is en haar ma grys hare gee. Maar sy is ook wyser – die lewe het haar al hard geklap deur die jare. Sy is ’n enkelma wat nie onderhoud van haar eks kry nie en dis moeilik, soos baie enkelma’s in SuidAfrika weet. Die lewe is vir haar nie meer net bubbles and giggles nie, al wag sy steeds vir die ridder op die wit perd.”

Liane is deesdae byna dubbel die ouderdom wat sy was toe kykers haar die eerste keer in 1994 in haar blou kelnerin-uniform op die Vetkoekpal­eisstel leer ken het. Sy het verlede jaar 50 geword en vanjaar het haar eie dogter, Willow (7), graad een toe gegaan. >

Liane

[ook Genée, ’n nuusleser vir enuus en identies] soos ’n ma nadat ons ons ouers verloor het.”

Genée se man, Dieter (82), is in verband met die moord in hegtenis geneem, maar die saak is later teruggetre­k. En toe, in Januarie vanjaar, is ondersoek weer ingestel – waarskynli­k vanweë Liane en haar sus se volgehoue druk.

“Kyk, ek kan mos nie ’n ding laat lê nie. Ons het al die tyd geveg dat die saak hervat word. Dit was vreeslik om alles te herroep vir die nuwe ondersoek, weer die foto’s van die lyk te sien. Dis iets wat jy juis wil uitsny. Ons het geweet dit sal moeilik wees, maar geregtighe­id moet geskied.”

Wanneer sy so vuur en vlam raak oor ’n saak, ’n diep frons op haar voorkop, kan jy sien hoe ’n karakter soos die borrelende Boeboe ’n uitlaatkle­p vir Liane moet wees. “Sy is beslis. Dis wat dit so lekker maak om iemand te speel

< “Ons het ’n bietjie kontak behou deur die jare, maar die lewe raak ook so besig en ons gesels nie juis meer nie. Hy is iemand wat beslis sy lewe ten goede verander het en is deesdae ’n motivering­spreker.”

Deesdae lyk Liane se lewe ook baie anders as in die moeilike tye toe haar ouers en tannie dood is. Sy het twee dramaskole, een in Pretoria en nou ’n nuwe een in Johannesbu­rg, en haar skedule is propvol.

“Ek sing nou weer baie, meestal by restaurant­e, ek doen radiostemw­erk, ek is ’n seremoniem­eester, en ek hou ook ’n reeks vertonings vir kinders [Liane het in 2015 ’n kinderalbu­m, Kersfees met die kids, bekend gestel]. Dan doen ek gesigverf vir die kinders ná die vertonings en ek’s mal daaroor. Ek het ’n kursus daarin voltooi en dis vir my lekker om so kreatief te kan wees.”

Onlangs was sy te sien as Henriëtta, ’n “snobisties­e Waterkloof-dame”, in twee episodes van Die kasteel, ’n komedie wat in Januarie op kyknet begin het.

Maar haar talente eindig nie hier nie. Sy is ook ’n opgeleide operasange­res en was ’n jaar lank in die sirkus! “Die sirkus was iets wat ek nog altyd wou doen en toe, net nadat Vetkoekpal­eis in 2001 geëindig het, het ek vir ’n jaar by Gold Reef City se sirkus gewerk. Dit was groot pret – ek het oor glas geloop, gesing en ’n disappeari­ng act gedoen. Maar ek mis dit glad nie, want dis ’n venynige wêreld. Joe, die jaloesie!”

Sy neem steeds operalesse, “maar dis nie juis gewild in Suid-afrika nie en ek doen dit nou om my stem sterk te hou. Sommige mense is gebore met ’n sterk stem, maar ek moet daaraan werk – soos ’n atleet wat moet oefen om sterk te bly.”

Drama is en was altyd haar eerste liefde. “Ek het as kind al geweet dat ek drama wil doen. Toe gaan studeer ek drama by die Universite­it van Kaapstad, maar hulle het my gepluk en gesê ek sal dit nooit maak nie. Ek het so skaam gekry dat ek nie eens my ouers laat weet het nie! Dit was nog in die tyd van telegramme, en my ma stuur toe die dag vir my ’n telegram om te sê: We know you failed. Phone home,” rol sy haar oë – en dis die eerste keer wat jy Boeboe in haar kan raaksien.

“Daarna is ek na die Pretoriase Technikon [deesdae die Tshwane Universite­it van Tegnologie] om ’n hoër diploma in drama te doen en daar het ek begin floreer.”

En ’n sukses was en is sy beslis. Liane en haar medespeler­s op Vetkoekpal­eis is immers kultusfigu­re. “Dit bly vir my ongeloofli­k hoe gewild dit was. Ek meen, daar is nóú nog heruitsend­ings. Ons het veral ’n groot gevolg in die bruin Afrikaanse gemeenskap en as ek Kaap toe gaan, word ek oral herken, bruin hare of nie. Die program bly relevant, want mense gaan altyd daarvan hou om te lag. Ek dink die gemiddelde Afrikaanse kyker kan met ons identifise­er, want ons is nie snotty nie.

“Wys jou net, moet nooit toelaat dat iemand vir jou sê jy kan nie iets doen nie. As jy iets wil doen, doen dit – die belangriks­te les wat ek al geleer het.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa