Jul­le sê

Sarie - - Inhoud -

WED­LOOP VAN DIE LE­WE

Dis die jaar 1959. ’n Kaal­voet Ka­roo-seun draf uit in die We­st­bour­ne O­val-sta­di­on in Port E­li­za­beth. Mi­nu­te la­ter sou hy die ska­re aan sy voe­te hê …

Gis­ter be­vind ek my in die ein­ste sta­di­on. Die laas­te keer. Vir ja­re het ek in die so­mer van sta­di­on na sta­di­on ge­gaan. Na­el­byt-oom­blik­ke be­leef. Su­per­trots tye, maar ook hart­seer tye. Te­leur­stel­ling. Na­tuur­lik staan die trots uit bo al­les. En kos­ba­re her­in­ne­rin­ge. Ek dink aan my oud­ste dog­ter se klein ly­fie wat eers op gras begin het, soms grond. Toe die groot tar­tan­baan waar ons net op ’n af­stand kon kyk. Al­tyd ’n kop kor­ter as al­mal. Maar sy het al­tyd pro­beer en die vrug­te ge­pluk.

Dis die laas­te sko­le­by­een­koms, want ou­sus is nou ’n ma­tri­ku­lant. En my ge­dag­tes draai na die sto­rie waar­mee ek el­ke jaar my sei­soen as net­bal­af­rig­ter begin het.

As jong seun het my pa ’n re­kord in die “myl” op­ge­stel en Op-kleu­re ge­kry. Hy moes 200 km reis om hier te kom deel­neem. Kan jy dink hoe groot moes die stad vir ’n Ka­roo-seun ge­voel het? Daar is nou baie gro­ter sta­di­ons, maar des­tyds moes hier­die be­ton­reus ’n ba­ken ge­wees het.

My pa ver­tel dat hy ’n ge­leent­heid ge­kry het met ’n skaap­lor­rie. So daag hy op vir die myl, stok­al­leen. ’n Jong­man met ’n goeie self­beeld, want hy is die plat­te­land se re­kord­hou­er. Mis­kien het hy ook ge­lyk soos ’n U­sain Bolt? Al was dit net in sy kop . . . Toe hul­le weg­spring, het hy vin­nig ag­ter­ge­kom dat hy nie die e­nig­ste re­kord­hou­er is nie en gou is al­mal on­der hom uit.

Al­mal was al klaar, toe het hy nog meer as ’n rond­te oor. Maar hy het aan­ge­hou. Kop om­hoog, bors uit, het hy die laas­te rond­te aan­ge­durf. Toe hy om die laas­te draai in die pyl­vak kom, het die he­le pa­vil­joen op­ge­staan en hom aan­ge­moe­dig. In die laas­te plek het hy as “wen­ner” oor die eind­streep ge­hard­loop.

Deur sy le­we was dit ’n les, ook vir ons. Van­dag weet ek ons elk­een hard­loop ’n wed­loop. Dis jou keu­se waar jy wil s­top, uit­draai of dalk op­gee. En dis eers by die wen­streep waar jy jou oor­win­ning sal be­haal.

LYNETTE S­TRY­DOM, PORT E­LI­ZA­BETH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.