Jong man skryf wen­dra­ma in ure by kers­lig

Dis net ’n won­der­werk dat hy is waar hy is, sê C­ha­se R­hys Do­w­nes, skry­wer van Kin­nes, wat nou by die KKNK te sien is. Dié to­neel­stuk oor ben­de­ge­weld op die Kaap­se Vlak­te is ook sý sto­rie . . .

Sarie - - Inhoud - DEUR MARGUERITE VAN WYK

T­waalf­uur voor die sper­tyd – in kers­lig – het hy begin skryf, kruis­been op sy bed in O­ce­an View in die Kaap­se SuidS­kier­ei­land. Daar waar­heen bruin men­se des­tyds deur die a­part­heids­re­ge­ring ver­skuif is uit Si­mon­stad, Kalk­baai en Noord­hoek.

“As daar nie krag is nie, ge­bruik jy die kers, maar skryf moes ek skryf,” sê die 28-ja­ri­ge dra­ma­turg en ak­teur C­ha­se R­hys Do­w­nes. “Ek het tóé die eer­ste keer van die A­dam en Ro­sa­lie S­mall-wed­stryd vir de­buut­skry­wers ge­hoor.” Maar al­les het saam­ge­werk – en C­ha­se is ein­de ver­le­de jaar as die eer­ste wen­ner van dié prys, wat in sa­me­wer­king met Dis­tell toe­ge­ken word, vir sy to­neel­stuk Kin­nes aan­ge­wys.

Die stuk, met Lee-ann van Rooi en De­an J Smith in die hoof­rol­le, het in Maart by die US Woord­fees op S­tel­len­bosch ge­de­bu­teer en is ook by die Klein Ka­roo Na­si­o­na­le Kuns­te­fees* op Oudts­hoorn te sien.

“Ek móés Kin­nes in A­frikááps, wat on­se men­se praat, vir ‘ kin­ders’ skryf, om die kin­ders wat hul le­wens in ben­de­ge­weld ver­loor het, te eer. Dit was reg­tig die eer­ste keer dat ek wóú skryf,” ver­tel dié jong man met die sag­te bruin oë, neusring en blou vin­ger­na­els.

En hy het. In stil­te, op ’n skoot­re­ke­naar met ’n stuk­ken­de skerm, waar­na hy dit op ’n slim­foon ge­re­di­geer het. Hy han­dig dit toe ’n kwar­tier voor die sper­tyd in.

Hy was stom­ge­slaan toe re­gis­seur Hen­nie van G­reu­nen, wat op die be­oor­de­laar­spa­neel was, hom laat weet hy het ge­wen. “Ek dog hy gaan sê dit is so mes­sy, hoe durf ek my eer­ste draft in­stuur. Maar toe dink Hen­nie dis in die­self­de klas as die skryf­werk van Nat­han Trantraal, i­ma­gi­ne.”

Om be­tyds te wees vir ons on­der­houd om tien­uur die og­gend in die Kom­pan­jies­tuin het C­ha­se al half­se­we op die trein ge­spring. Hy eet nou sy En­gel­se ont­byt met mé­ning.

Hy kan steeds nie glo hy het die R10 000 ge­wen en dat Hen­nie hom twee maan­de lank ge­men­tor het nie. Om ’n toe­ken­ning te wen wat ge­noem is na een van dié groot­ste St­rug­gle-skry­wers, was ’n reu­se-voor­reg, ver­tel hy. Met sy wen­geld het hy ’n les­se­naar en ’n be­hoor­li­ke stoel aan­ge­skaf. “Jou lyf raak seer as jy heel­dag op die bed skryf.” Se­dert­dien het Dis­tell ook vir hom ’n nu­we re­ke­naar­skerm ge­gee. Sy men­tor­skap by Hen­nie het hom voor­be­rei op die be­dryf. Hy het hom self­ver­troue ge­leer. “Ek weet nou ek kan skryf.”

C­ha­se is op ’n goeie e­mo­si­o­ne­le plek. “Ses jaar lank was ek blue, baie de­pres­sed. Ná my di­plo­ma in dra­ma aan die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad moes ek gaan niks­doen in O­ce­an View om my­self te vind. As ek nie daai swaar­kry be­leef het nie, kon ek nie van­dag shi­ne nie.”

’n Ruk lank ná u­ni­ver­si­teit wou hy nét in sy ge­meen­skap bly. Hy was te kwaad vir al die ver­gry­pe van a­part­heid wat hy nog om hom ge­sien het. “Ek het ge­voel daar sal al­tyd on­ge­lyk­heid wees. Maar soos ek meer ge­me­di­teer en begin na­vor­sing doen het oor die po­li­tiek en my K­hoi-oor­sprong, het ek in­sig ge­kry. Dit is as­of ek meer vry­e­lik kon a­sem­haal.

“Nou neem ek men­se uit op die berg – wit, swart, ge­kleurd. As ons in die na­tuur stap, is al­mal ge­lyk. Ons fo­kus op die he­de en ver­geet van die ver­le­de en die toe­koms. Ons raak van die ‘ge­raas’ ont­slae. Eers dan leer jy die won­der van stil­te ken. Dit is he­lend.” Hy nooi my da­de­lik uit.

Dis net ’n won­der­werk dat hy is waar hy is, re­ken C­ha­se. Hy het dwelms, woe­de en wan­hoop in 2016 ge­groet . . . “As ie­mand ’n jaar gelede voor­spel het ek gaan die toe­ken­ning [in No­vem­ber 2017] los­slaan, sou ek ge­lag het. Ek sou nie ge­reed ge­wees het vir die aan­dag nie.” Nou word sy ro­man, Kin­nes, ge­grond op sy to­neel­stuk, in Ok­to­ber deur K­we­la uit­ge­gee. En hy het i­dees vir ’n te­le­vi­sie­reeks.

“Ek wil ook hand­boe­ke vir skool­kin­ders skryf om hul­le lief te maak vir lees. Hul­le is ge­ïn­ti­mi­deer deur die boe­ke wat op die oom­blik vir hul­le voor­ge­skryf word. Ek was ook. Ek wil in A­fri­kaaps skryf en ek wil ka­rak­ters in­bring waar­mee die

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.