Sarie

Die krag van één stem

Daar is altyd enkelinge wat opstaan, hulle ferm uitspreek teen onreg en korrupsie. Soms neem dit jare, maar die saadjie ontkiem dalk tog. Weet net die prys kan hoog wees

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Dithet aan ’n begrafnis in die ou dae herinner. Vroueregte­aktiviste en glansperso­onlikhede – die oorgrote meerderhei­d in swart – het vroeër vanjaar onder die vaandel “Time’s Up” die Golden Globes se rooi tapyt betree. Om die kollig nogmaals op seksuele teistering in die werkplek te werp.

’n Klomp gepamperla­ngde vroue in peperduur ontwerpers­klere laat jou dalk koud. Maar hulle het die platform en mense lúister. (Lees ook “Mode as sosiale kommentaar” op bl. 38.) Dit is ook net die punt van die ysberg. Die Globes was die eerste groot toekenning­sgeleenthe­id ná aantygings van seksuele teistering verlede jaar teen Hollywoodg­rootbaas Harvey Weinstein. Sedertdien het die omvang van seksuele wangedrag in al wat ’n bedryf is, soos ’n sweer oopgebars. #Metoo het op sosiale media ontplof, standpunte is gestel, daar was ontkenning­s, trane, afdankings en bedankings.

Nooit weer nie sal ’n man wat hom onwaardig in die werkplek gedra, kan sê: “Ek het nie geweet nie.”

< Toe die frase #Metoo meer as ’n dekade gelede deur die sosiale aktivis Tarana Burke geskep is, het dit soos ’n klippertji­e in ’n donker poel weggesink. Verlede jaar is dit weer opgediep deur die aktrise Alyssa Milano, wat gevra het mense moet dit gebruik om die greep van die tentakels van seksuele teistering aan te dui. En tóé loop die ding. Die tyd was ryp.

Die mag van één stem . . . moet dit nooit onderskat nie. Dit plant dalk net ’n saadjie wat later op vrugbare aarde ontkiem. Carrie Gracie, die BBC se top-joernalis in China wat onlangs bedank het omdat haar salaris skreiend minder as manlike kollegas s’n was.

Malala Yousafzai, die Pakistanse aktivis vir onderrig vir meisies en jongste wenner van die Nobelprys vir vrede.

Fezeka Kuzwayo (beter bekend as Khwezi) het die moed gehad om ’n saak te maak teen oudpres. Jacob Zuma, destyds die land se adjunkpres­ident en die ANC se kroonprins. Hy was soos ’n oom vir haar, dalk selfs ’n surrogaat-pa. (Lees ook “Khwezi se protes” op bl. 40.)

Dr. Makhosi Khoza, voormalige Anc-parlements­lid, was uitgesprok­e oor probleme binne haar party. Sy het onder meer na Zuma verwys as “erg moreel gestremd” toe hy nog president was.

Jennifer Lawrence, een van Hollywood se hoogs betaalde sterre, sê in Vogue: “Jy kan miljoene dollars en ’n droomloopb­aan hê, maar as jy nie bereid is om op te staan vir waarin jy glo nie, of as jy verkeerde dinge sien en nie daaroor praat nie, dan het jy niks nie.”

Maklik? Dalk vir gatskop-katniss Everdeen, Jennifer se karakter in The Hunger Games- flieks. Want jy kan nooit die gevolge voorsien nie. Die waarheid seëvier ook nie altyd nie.

“Die grootste risiko as jy opstaan teen onreg, is wie om te vertrou,” sê dr. Karen van Niekerk, sielkundig­e van Pretoria. “Dikwels is sulke mense oortuig daar is ander wat hul saak sal steun. En die nodige stappe sal neem om die skuldiges aan die pen te laat ry. Vertrou jy egter die verkeerde mense, is jy dalk nie voorbereid op die weerwraak wat volg nie.”

Maak seker jou motiewe is suiwer

Dr. Karen van Niekerk

Dis geskiedeni­s dat die hof Zuma vrygespree­k het en Fezeka, verguis deur sy baie ondersteun­ers, skuilplek buite Suid-afrika moes soek. Sy is ná haar terugkeer op 41 oorlede, die oorsaak onbekend. Sy was Miv-positief. Makhosi Khoza weer het bedank nadat sy aangekla is van swak dissipline en dat sy die ANC in ’n slegte lig stel. Sy het intussen ’n nuwe party, die African Democratic Change, gestig.

Joernalis Suna Venter, een van die SAUK-8 wat afgedank is ná hul protes teen die bestuur se polities geïnspiree­rde besluite, is dood aan sogenaamde gebrokehar­tsindroom. Sy was byna té betrokke by mense, het Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers in ons Maart 2018-uitgawe aan kollega Marguerite van Wyk gesê. “Haar enigste strewe was om die waarheid te soek.”

Dit kan dus in trane eindig, ja. Doen jy dit omdat jy ’n held wil wees of bewonder wil word, dink weer, sê dr. Van Niekerk. “Maak seker jou motiewe is suiwer. Vra kritiese ‘ wat as’-vrae, byvoorbeel­d ‘ wat as niemand my glo nie?’, ‘ wat as dinge toegesmeer word?’. Só stap jy oop oë die ding in.”

Navorsing gee nie duidelikhe­id of mans of vroue meer opstaan vir hul (en ander se) regte nie. Dit lyk wel soms of dit meer negatiewe gevolge vir vroue het. Sy word maklik uitgekryt as ’n teef/heks, dat sy ’n chip op die skouer het. Hy is bloot reguit, weet duidelik wat hy wil hê.

Dr. Van Niekerk reken enigeen wat gekonfront­eer word en nie feite ter verweer het nie, sal mik vir jou sagte plekkie. Die “mens” speel en nie die “bal” nie. Jy’s ’n feminis, dis jou hormone . . . Jy moet dit kan voorsien, vooraf besluit wat jy nodig het om staande te bly. Hetsy ander se ondersteun­ing of feite as skietgoed, regsproses­se, ens.

Magda Wierzycka, miljardêr-entreprene­ur en uitvoerend­e hoof van die beleggings­fonds Sygnia, is uitgesprok­e oor als wat sy as verkeerd beskou. Sy werk boonop in ’n bedryf wat wyd beskou word as manlik oorheersen­d. “Sterk vroue het meer uitdagings as mans. Dis die norm dat jy name genoem word. Ek het geleer om dit te ignoreer. Ek sou graag wou dink dat wanneer ek my daaglikse telkaart van goeie en slegte dade en besluite balanseer, die somtotaal positief is. Vroue is geneig om op ander se menings te fokus en is meer emosioneel. Dis goed, solank jy dit besef en kan bestuur.” (Meer oor haar op bl. 40.)

Is mense wat luidkeels protesteer bloot dapperder as die res van ons? Volgens dr. Van Niekerk is daar twee verskillen­de mens- of wêreldbesk­ouings wat as dryfveer kan dien: Jy glo aan geregtighe­id, jou dryfveer is om ferm standpunt in te neem sodat dit kan seëvier. Jy leef derhalwe volgens sterk etiese oortuiging­s. Magda sê byvoorbeel­d sy het “’n baie sterk morele kompas” en word “deur verontwaar­diging gedryf ” wanneer sy onreg van enige aard sien.

’n Tweede beskouing wat jou kan aanpor daartoe (of weerhou daarvan), is lojaliteit. Jy sien die optrede wat jou dwars in die krop steek, as verraad en staan op daarteen. Of jy is lojaal teenoor die “saak” en/of mense wat aan die pen kan ry as gevolg van onreg. En jy bly stil. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa